Kaapstad verskerp kinderinentings oor witseerkeel
Loading player...
Die Stad Kaapstad het sy inentingspogings vir kinders verskerp ná 'n witseerkeel-uitbreking. Ouers word ook aangemoedig om te verseker hulle kinders is ten volle ingeënt voor die skole heropen. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê met 'n inentingskoers van 90-persent vir kinders wat onder een-jaar-oud is, beoog die stad om hulle teen voorkombare siektes soos witseerkeel, masels en polio te beskerm.