Oppas, voertuigfinansiering is nie perdekoop

Loading player...
Om 'n voertuig te koop is 'n groot finansiële besluit, en vir meeste Namibiërs is voertuigfinansiering die mees praktiese manier om hul droommotor te kan bekostig. Een gewilde opsie wat deur banke aangebied word, is die ballonbetalingstruktuur. Alhoewel dit maandelikse terugbetalings verlaag, is dit belangrik om beide die voordele en risiko's daaraan verbonde te verstaan. Plaaslike ekonoom Gabriel Erastus het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en beklemtoon die belangrikheid daarvan om die bekostigbaarheid van die groot enkelbedragbetaling aan die einde van die leningstermyn noukeurig te oorweeg.
7 Jan 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Boere, hou julle vee onder oog in die nat veld

Die broodnodig reën is natuurlik wyd verwelkom, maar boere is reeds gewaarsku dat hulle patrollies moet uitvoer om hul kuddes te beskerm. Dit is omdat vee verder van opstalle sal wees by plekke waar water opgedam het, wat hulle maklike prooi maak vir veediewe. Kosmos 94.1 Nuus het met Christiaan…
8 Jan 11AM 1 min

Hof verwerp aansoek om publikasie van matriekuitslae te verbied

Die Hooggeregshof in Pretoria het 'n dringende aansoek deur die Inligtingsreguleerder om die publikasie van die 2024-matriekuitslae in koerante en digitale platforms te verbied, met koste van die hand gewys. Dit staan die Departement van Basiese Onderwys nou vry om soos beplan volgende week die matriekuitslae vir publikasie in die…
8 Jan 11AM 1 min

Beboet werkgewers wat nie minimumloon betaal: Nafau

Jacob Penda, hoofsekretaris van die Namibian Food and Allied Workers Union, Nafau, versoek werkgewers om te voldoen aan die nuwe nasionale minimumloon van 18 Namibiese dollar per uur, wat op 1 Januarie in werking getree het. Penda het by 'n perskonferensie in Windhoek 'n beroep op die arbeidministerie gedoen om…
8 Jan 10AM 1 min

Meeste SA skole kom skooldrag-riglyne na

Die Mededingingskommissie sê hy is bly dat die meeste skole sy riglyne nakom. Dit volg nadat die kommissie sy verslag oor die uitkomste van ingrypings in skooldragverkryging, bekend gemaak het. Gesinne berei tans voor vir die 2025-skooljaar en Karabo-Motaung Mohlala van die kommissie sê stygende koste van skooldrag en skryfbehoeftes…
8 Jan 10AM 1 min

Word lid van die DBV en help diere in nood

Die Dierebeskermingsvereniging het opwindende aktiwiteite vir vanjaar beplan. Jy kan die jaar op goeie voet begin deur 'n lid te word vir slegs 365 Namibiese dollar, of 'n dollar per dag, om diere in nood te ondersteun. Danksy die Santa Paws-inisiatief is 344 diere oor die vakansie geborg. Kosmos 94.1…
8 Jan 9AM 1 min