FlySafair vra billikheid in oorbesprekings-ondersoek

Loading player...
FlySafair verwelkom die Nasionale Verbruikerskommissie se ondersoek na oorbesprekingspraktyke en beklemtoon hy voldoen aan die Wet op Verbruikersbeskerming. Die lugredery sê oorbespreking is 'n wêreldwye standaard om die versuim om op te daag te bestuur en die kaartjies bekostigbaar te hou. Die hoofbemarkingsbeampte, Kirby Gordon, sê FlySafair se benadering raak minder as een-persent kapasiteit. Hy versoek 'n regverdige hersiening wat die hele bedryf betrek en bevestig deurentyd sy verbintenis tot deursigtigheid en kliëntediens.
9 Jan 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

'Alle leerders in Kavango Oos moet plek gegee word'

Christine Shililima, die direkteur van onderwys in Kavango Oos, het 'n beroep op skole in die streek gedoen om te verseker dat alle leerlinge toegelaat word om te registreer, ongeag finansiële uitdagings. Sy het met skoolhoofde, kringinspekteurs en skoolrade in Rundu gepraat, voor die 2025-skooljaar Maandag begin. Shililima beklemtoon dat…
9 Jan 10PM 1 min

Ramaphosa onseker oor bywoning van Chapo se inhuldiging

President Cyril Ramaphosa het nog nie besluit of hy volgende Woensdag die verkose Mosambiekse president, Daniel Chapo se inhuldiging sal bywoon nie. Onrus na afloop van die verkiesing het vrae oor veiligheid laat ontstaan. Volgens die Presidensie kyk 'n gevorderde span van die Presidensiële Beskermingsdienste na die veiligheidsvooruitsigte in Mosambiek…
9 Jan 10PM 1 min

Namibië wag nog om te hoor van 4-dag werkweek proefneming

Ysland, 'n leier in die aanvaarding van die vierdaagse werkweek, het indrukwekkende ekonomiese groei in 2023 aangeteken wat die meeste ryk Europese lande verbygesteek het, volgens die IMF se jongste World Economic Outlook-verslag. Geïnspireer deur Ysland se sukses, het Namibië die tweede Afrika-land geword en een van slegs 'n paar…
9 Jan 11AM 1 min

Maak so om groen weivelde optimaal te benut

Veeboere is uiters positief na die onlangse reën, wat die hoop op verbeterde weiding en beter veegewig laat opvlam het. Boere word egter aangeraai om versigtig te wees aangesien vars groen weivelde laag in vesel en hoog in vog is, wat die risiko dat vee opblaas vergroot. Dit kan dodelik…
9 Jan 10AM 1 min