Ramaphosa onseker oor bywoning van Chapo se inhuldiging
Loading player...
President Cyril Ramaphosa het nog nie besluit of hy volgende Woensdag die verkose Mosambiekse president, Daniel Chapo se inhuldiging sal bywoon nie. Onrus na afloop van die verkiesing het vrae oor veiligheid laat ontstaan. Volgens die Presidensie kyk 'n gevorderde span van die Presidensiële Beskermingsdienste na die veiligheidsvooruitsigte in Mosambiek. Ramaphosa het op die Progressiewe Sakeforum se Presidensiële Gholfdag in Kaapstad gepraat en vreedsame dialoog bepleit tussen Chapo en die opposisieleier, Venancio Mondlane.