
Vermeende stroper na vermoede deur seekoei gedood in Krugerwildtuin
Loading player...
Die bestuur van die Krugerwildtuin het die ontdekking bevestig van die lyk, vermoedelik dié van 'n stroper, wat in 'n toeristepad in die Pretoriuskop-gedeelte agtergelaat is. Volgens die woordvoerder, Ike Phaahla, blyk dit dat daar drie individue was wat die park snags onwettig binnegekom het met die doel om misdaad te pleeg. Hulle is deur 'n seekoei aangeval en een verdagte het noodlottige beserings opgedoen. Die ander twee moes die lyk na 'n nabygeleë pad gedra het waar hulle dit gelos het. Die lyk is vanoggend deur 'n toeris opgemerk. Die polisie ondersoek die saak.