Delf Steeds Dieper - 17 Jan 2025

--:--
In Matt. 4:10 praat ons Messias met satan as Hy vir hom sê: "Gaan weg, satan! Want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien."

Maar wat beteken dit regtig en wat behels dit om die Lewende God te aanbid? Hierdie vraag en veral die antwoord daarop is die passie van Annie Visser, 'n dame wat jare reeds mense leer en begelei om die onderwerp van "aanbidding" oop te breek vir elkeen van ons wat self graag daarvan deel wil wees. Luister en leer!

Dan neem Elizabeth Jordaan ons verder op die roete van Andrew Murray. Wat 'n merkwaardige man van wie ons so baie leer!
17 Jan Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Delf Steeds Dieper - 27 Junie 2025

Dit was nog altyd my voorreg om Bennie Mostert uit te saai – en Bennie het ons kom seën met ‘n besondere boodskap oor die belangrikheid daarvan dat ons dissipels van Jesus moet wees en dat ons betrokke moet raak daarby dat nog meer mense dissipels van Jesus word! Bennie…
27 Jun 1 hr 28 min

Delf Steeds Dieper 20 Junie 2025

Amanda Swanepoel is geen onbekende hier in program Delf Steeds Dieper nie. Amanda, vroeër van Vaal-Driehoek, woon al geruime tyd in die Kaap waar sy steeds graag vroue bemoedig en aanspoor tot ‘n dieper geloofswandel. Amanda wil graag gesels oor die wonder van “Liefde wat uit ‘n verligte hart borrel!”…
20 Jun 1 hr 28 min

Delf Steeds Dieper - 13 Junie 2025

Die eerste drie gaste in vandag se uitsending, het behoorlike onderrig van leerders op hulle hart! Albert en Lourinda Viljoen is ‘n egpaar wat graag met kinders werk om veral wiskundige vermoë aan te spreek – daarvoor gebruik hulle “Audio Blocks”. Dit is waarvan hulle vandag meer vertel. Hulle kan…
13 Jun 1 hr 27 min

Delf Steeds Dieper - 6 Junie 2025

Pieter Barnard is geen onbekende op Radio kansel nie!! Heerlik om vandag my vriend en kollega by my in die ateljee te verwelkom!! Pieter het altyd ‘n praktiese vars kyk op dinge. Vandag gesels ons oor “SWAARKRY.” Hoekom is swaarkry deel van ons lewe? Hoe hanteer ons dit? Daarna ‘n…
6 Jun 1 hr 29 min

Delf Steeds Dieper - 23 Mei 2025

Wat ‘n voorreg om vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd met Bennie Mostert te kan gesels! Bennie is een van ons land se strydrosse waar dit kom by gebed. Ons Vader openbaar Hom altyd dieper en dieper aan hierdie man. Moenie hierdie gesprek misloop nie. Elizabeth Jordaan…
23 May 1 hr 31 min