DA kla oor onvoldoende ondersteuning aan dowe matrieks

Loading player...
Die DA in Mpumalanga sal dringend aan die LUR van Onderwys, Cathy Dlamini, skryf en haar vra om skole wat voorsiening maak vir leerders met spesiale behoeftes te prioritiseer. Dit nadat dit aan die lig gekom het dat al 15 dowe leerders wat hul matriekeksamen in 2024 by Bukhosibetfu Koshuis geskryf het, nie geslaag het nie. Volgens DA-LPW, Annerie Weber, het hulle onvoldoende toegang tot gekwalifiseerde onderwysers gehad om hulle te help voorberei.
21 Jan 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Nocore genomineer vir Fiësta

Walter Fourie van die Nocore Ensemble kuier in die ateljee want die groep is genomineer vir 'n Fiesta-toekenning vir hul vertoning by Innibos 2024.
14 Feb 12AM 7 min

PSA: Vakbond vergader oor uitdagings

Staatsdienswerkers in Mpumalanga ervaar uitermatige uitdagings by hul werksplekke, sê Flip van der Walt van die PSA gesels met Kies Koers. Dit na Mbombela verlede week kragtoevoer na gebou afgesny het weens wanbetaling en voortdurende uitdagings by die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela.
12 Feb 7AM 12 min

'Nuwe' CEO vir KLCBT

Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) is uiteindelik formeel for uitvoerende beampte bevorder.
12 Feb 2AM 8 min

Beleef die LDV T60

Sonop Ontbyt se Neels Kemp bestuur die afgelope twee weke die LDV T60 van SAIC Motors en dit was 'n ongelooflike ervaring. Hy gesels daaroor met Martin Hodgkinson van Nel Auto.
7 Feb 3AM 19 min