LUR beloof nuwe skool vir Naas

Loading player...
Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê onderrig sal vandag hervat by Siboshwa Primary, na dit die afgelope week ontwrig is deur gemeenskapslede. Inwoners van Naas in Nkomazi het onder meer ingange na die area afgesper om aan te dring dat ‘n nuwe skool gebou word. Die LUR vir onderwys, Cathy Dlamini, het gisteroggend met die skool se beheerliggaam vergader en ‘n plan voorgelê waarvolgens die konstruksie van ‘n nuwe skool in die 2026/27 finansiële jaar sal begin. Intussen besoek die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, vandag Mbombela. Sy sal met die provinsiale regering vergader om sleutelkwessies in die provinsie se onderwyssektor aan te spreek.
22 Jan 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Nocore genomineer vir Fiësta

Walter Fourie van die Nocore Ensemble kuier in die ateljee want die groep is genomineer vir 'n Fiesta-toekenning vir hul vertoning by Innibos 2024.
14 Feb 12AM 7 min

PSA: Vakbond vergader oor uitdagings

Staatsdienswerkers in Mpumalanga ervaar uitermatige uitdagings by hul werksplekke, sê Flip van der Walt van die PSA gesels met Kies Koers. Dit na Mbombela verlede week kragtoevoer na gebou afgesny het weens wanbetaling en voortdurende uitdagings by die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela.
12 Feb 7AM 12 min

'Nuwe' CEO vir KLCBT

Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) is uiteindelik formeel for uitvoerende beampte bevorder.
12 Feb 2AM 8 min

Beleef die LDV T60

Sonop Ontbyt se Neels Kemp bestuur die afgelope twee weke die LDV T60 van SAIC Motors en dit was 'n ongelooflike ervaring. Hy gesels daaroor met Martin Hodgkinson van Nel Auto.
7 Feb 3AM 19 min