Wêreldwys | Solidariteit Beweging se boodskap val op vrugbare grond in Washington | Ep. 37

--:--
Die Solidariteit Beweging lê tans besoek af aan die VSA te midde van ingrypende politieke veranderinge die afgelope paar weke. Hierdie besoek is nie net ʼn reaksie op die gebeure in die Trump-administrasie nie, maar ook ʼn poging om ʼn nuwe bewusmaking van Afrikaners in Amerika te vestig. In hierdie week van Wêreldwys bespreek ons die doel van die besoek asook hoe Afrikaners in Washington ontvang word.
27 Feb Afrikaans South Africa News Commentary · Politics

Other recent episodes

Wêreldwys | Die aanslag op begrensing | Ep. 52

In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met prof. Danie Goosen van Akademia oor ’n tema wat vele verskyningsvorms in die moderne wêreld het – die postmoderne aanslag op begrensing. In ’n tyd waarin grense as verdag en onderdrukkend beskou word, herinner hierdie gesprek aan die diepe…
25 Jun 31 min

Wêreldwys | Ou geskiedenis agter nuwe Israel-Iran-konflik | Ep. 51

Luister gerus na hierdie week se episode van Wêreldwys vir Jaco Kleynhans se historiese ontleding van die jongste Midde-Oosterse konflik. Jy kan Iran se optrede vandag nie suksesvol ontleed sonder dié beskawingskonteks nie. Die jongste konflik tussen Israel en Iran is nie net ʼn reaksie op onlangse gebeure nie, maar…
18 Jun 24 min

Wêreldwys | Immigrasie, ingrypings en internasionale onsekerheid | Ep. 50

Luister na hierdie week se episode van Wêreldwys vir ontledings van die 10 grootste internasionale gebeurtenisse van die afgelope week. Die wêreld blyk op vele vlakke onrustig te wees – luister na Jaco Kleynhans se uiteensitting van die belangrikste onderhandelinge, onluste, verkiesings en vooruitsigte.
12 Jun 32 min

Wêreldwys | Europa beweeg steeds na regs | Ep. 49

In hierdie week se episode van Wêreldwys word al hierdie en ander politieke verwikkelinge in Europa bespreek. Ook die huidige verskuiwings in steun in die Verenigde Koninkryk en die toename in steun vir Skotse onafhanklikheid word bespreek. Die podsending is opgeneem voordat die Nederlandse koalisieregering Dinsdag tot ʼn val gekom…
4 Jun 50 min

Wêreldwys | Europa se bedreiging van binne | Ep. 48

In hierdie week se aflewering van Wêreldwys kyk ons na ʼn paar voorbeelde van dié voortvarende eilande van Westerse kultuur in Europa. Plekke soos Suid-Tirool in Italië, Friesland in Nederland en selfs die Duitse gemeenskap van 70 000 in België is sprekende voorbeelde van wat moontlik is met kulturele weerbarstigheid…
29 May 32 min