Sekerheidsbaas vas wat glo vals misdaad aanmeld

Loading player...
‘n 53-jarige eienaar en direkteur van ‘n sekerheidsmaatskappy verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof op aanklagte van meineed en die aanmeld van ‘n vals misdaad. Hy is gister in Mbombela gearresteer weens bewerings dat hy dosyne vuurwapens, insluitende jaggewere en pistole, aan 'n ander sekuriteitsmaatskappy verkoop het en hulle toe as gesteel aangemeld het. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, sê die waarnemende polisiekommissaris, Generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het die belangrikheid van vuurwapenbeheer beklemtoon in die lig van hul gebruik in geweldsmisdade.
5 Mar 2025 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min