
Pumas begin SA Beker goed
--:--
Die Airlink Pumas is na die eerste ronde van die SA Beker weens hul punteverskil van 68 eerste bo-aan die punteleer. Hulle het Vrydag met 75-7 oor die Phangela SWD Arende geseëvier by Mbombela-stadion. Hulle speel Saterdag weg teen die Oostelike Provinsie in Gqeberha en die naweek daarna weer tuis teen die Toyota Cheetahs. Ruwellyn Isbell, die kondisioneringsafrigter, en spanbestuurder, Sam Sikiwe, gesels met Sonop Ontbyt.