Studente word die leermeesters in teater produksie ‘Wanneer ‘n groot boom val’

--:--
Skrywer, Regisseur en Vervaardiger van die produksie ‘Wanneer ‘n groot boom val’, Jefferson J Dirks-Korkee en mede vervaardiger en regisseur Karabelo Plaatje sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop. Beide was drama student aan die Universiteit van die Vrystaat maar in die produksie het hulle geleentheid om die gesoute akteurs te vorm en lei in ‘n produksie waar die leerders die leermeester word. Gerben Kamper, Maria De Koker en Moses Lechuti gee lewe aan die karakters. Ondersteun hulle 27 – 29 Maart by die Ander Huguenet in Bloemfontein. Kaartjies is beskikbaar by Webtickets.
17 Mar English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

Kersfees in Julie met die Secret Artists’ Club in Bloemfontein

Kersliedere, koue, knetterende vure, heerlike kos en samesyn. Brandkop Estate is gasheer vir Kersfees in Julie met ‘n groep musikante wat met jazz musiek jou gaan vermaak. Diandra Steenekamp sluit by Yolanda Maartens in die OFM Kunsteklop aan om te vertel van die program op 26 Julie. Besprekings is by…
2 Jul 3 min

Hannes van Wyk opgewonde om deel te wees van die 25ste Vrystaat Kunstefees

Hannes van Wyk en Desiré Gardner, is so te sê volksbesit met hulle uiters gewilde Magda Louw-vertonings. Vanjaar se, ‘Magda en haar Erhard,how Louw can you go?’, beloof om soos altyd die gehoor op hulle voete te hê. Hannes sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop en deel…
2 Jul 4 min