
Jako Meyer versit berge met sy nuwe enkelsnit!
--:--
Op 21 Februarie 2025 vrystel JAKO MEYER sy splinternuwe enkelsnit, 'N MAN EN 'N BERG. Dit is sy eerste vrystelling van 2025 en volg op sy suksesvolle enkelsnit 'Ballito'. Die lied, geïnspireer deur JAKO se tyd in die natuur, reflekteer op die berg wat ons as mense skep en saam dra. 'N MAN EN 'N BERG is vol diep lirieke en het JAKO se kenmerkende styl van sterk beelde en melodieë.