Hamilton hoop opgradering kan Ferrari ’n hupstoot gee in Bahrein

--:--
Motorsport: Die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen, Lewis Hamilton, hoop Ferrari kan die naweek in Bahrein ʼn tree vorentoe gee. Die Scuderia is tans vierde in die vervaardigerskampioenskap nadat hy in die eerste drie wedrenne gesukkel het teen ander mededingers soos McLaren en Mercedes. Die Brit sê hulle het ʼn opgradering aan die voertuig gedoen wat die naweek tot beter uitslae behoort te lei:
11 Apr 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Beroepsveiligheid 'sal sake-doeltreffendheid verbeter'

'n Twee-dae werkswinkel om die wetsontwerp op beroepsveiligheid en gesondheid te verfyn het in Windhoek afgeskop. Die wetsontwerp sal dien as die ruggraat van die land se pogings om veiliger werkplekke en gesonde kulture te bevorder, en almal verantwoordelik te hou vir hul rol in die bevordering van veiligheid in…
21 May 2AM 1 min

EU, CAF span saam om skolesokker te ontwikkel

Sokker: Die Europese Unie-kommissaris Jozef Sikela en die CAF-president Patrice Motsepe het 'n ooreenkoms van miljoene euro gesluit om die CAF Afrika-skolesokkerkampioenskap te verbeter. Die inisiatief is gemik op die ontwikkeling van jeugsokker regoor Afrika, met die Motsepe-stigting wat 179- miljoen Namibiese dollar in prysgeld bydra. Motsepe sê die vennootskap…
21 May 2AM 1 min

Afrika moet op blou ekonomie fokus vir ontwikkeling

Voormalige president Thabo Mbeki het Afrika-nasies versoek om die blou ekonomie voorrang te gee as 'n hoeksteen vir die ontwikkeling en herlewing van die vasteland. Mbeki het voor die 15de Jaarlikse Thabo Mbeki Afrika-dag-lesing in Dar es Salaam, Tanzanië, die transformerende potensiaal van Afrika se oseane-ekonomie beklemtoon. Hy beklemtoon die…
21 May 1AM 1 min

AR kap Windhoek Stadspolisie oor hardhandige optrede

Die AR-beweging se Khomas-leierskap het die gedrag van Windhoek Stadspolisie-beamptes teenoor straatverkopers ten sterkste veroordeel, na video's van twee beamptes wat ‘n vrou geslaan en ‘n vuurwapen in ‘n skare ongewapende mense getrek het, gesirkuleer is. Die leierskap eis ‘n deeglike ondersoek en dat die betrokke beamptes ontslaan of gestraf…
21 May 1AM 1 min

CAN bied gratis kanker-siftingstoetse aan

Die Kankervereniging van Namibië bied môre gratis papsmere, borsondersoeke en vinnige PSA-prostaatkankersifting aan by hul Hoofkantoor Mediese Sentrum in Windhoek-Wes. Dit geld net vir die eerste 100 vroue en 25 mans, op 'n eerste daar, eerste bedien-basis. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rolf Hansen, die Kankervereniging se uitvoerende hoof.
21 May 1AM 1 min