
AR kap Windhoek Stadspolisie oor hardhandige optrede
--:--
Die AR-beweging se Khomas-leierskap het die gedrag van Windhoek Stadspolisie-beamptes teenoor straatverkopers ten sterkste veroordeel, na video's van twee beamptes wat ‘n vrou geslaan en ‘n vuurwapen in ‘n skare ongewapende mense getrek het, gesirkuleer is. Die leierskap eis ‘n deeglike ondersoek en dat die betrokke beamptes ontslaan of gestraf word. Kosmos 94.1 Nuus het met die AR-aktivis Sem David gesels.