Bek-en-klouseer nou by drie Karan-voerkrale

--:--
Die Namibiese Lewendehaweraad het plaaslike boere gemaan om bedag te wees op die uitbreking van bek-en-klouseer in Suid-Afrika. Karan Beef, wat maandeliks duisende speenkalwers uit Namibië invoer, het Vrydag bevestig dat hulle nou uitbrekings by drie van hul voerkrale het – by Heidelberg en Nigel in Gauteng, asook by Albert Falls in KwaZulu-Natal. Alle speenkalf-aankope uit Namibië is gestaak. Karan sê hulle wag op entstowwe wat uit Botswana in Suid-Afrika aangekom het. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Anja Boshoff van die Lewendehaweraad gepraat:
21 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA sitrusboere soek wyd vir meer markte

Sitrusboere in Suid-Afrika probeer om hul oorsese markte te vergroot om die land se volle uitvoerpotensiaal te benut. Die uitvoerende hoof van die Sitrusprodusentevereniging, Boitshoko Ntshabele sê onderhandelings word reeds gevoer met Japan, Suid-Korea, en Saoedi-Arabië om nuwe markte te bekom. Suid-Afrika, as die wêreld se tweede grootste sitrusuitvoerder na…
8 Jul 11AM 1 min

Oorskot van kinders by Katolieke tehuise word geïdentifiseer

Owerhede in Tuan, in Galway County werk had om die oorskot van 802 kinders wat dood is by ‘n tehuis wat deur die Katolieke Kerk vir ongehude moeders bestuur is, te identifiseer. ‘n Ondersoek is reeds ‘n dekade terug geloods en daar word beraam dat by die netwerk van tehuise…
8 Jul 11AM 1 min

Mense met gestremdhede sal ook baat by nuwe paaie

Die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa het tydens die bekendstelling van Winnie Madikizela Mandela-rylaan in die hoofstad gesê dat nuwe paaie mense met gestremdhede sal akkommodeer. Dit is ‘n beduidende uitdaging regoor die land. Hy het ook burokrasie en vertragings in hervestiging blameer vir stadige infrastruktuurvordering. Byna ‘n miljard…
8 Jul 10AM 1 min

ACC slaan toe op senior Namcor beamptes, ook Mulunga

Ondersoekers van die Teenkorrupsie Kommissie het Namcor se voormalige besturende direkteur, Imms Mulunga, en drie ander senior beamptes in hegtenis geneem. Dit gaan oor vermoedelike korrupte transaksies by die nasionale oliemaatskappy. Volgens berigte word 'n voormalige finansiële hoof gekoppel aan 'n ongemagtigde oliebloktransaksie van 100 miljoen Namibiese dollar in Angola…
8 Jul 10AM 1 min