F1: Kyalami kry groenlig

--:--
Suid-Afrika se Formule Een-bodkomitee sal binnekort sy voorkeur-promotor vir die voorgestelde Grand Prix aan die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, voorlê. Die internasionale beheerliggaam, die F-I-A, het Kyalami in Johannesburg goedgekeur as 'n Graad Een-renbaan, die hoogste standaard vir Formule Een. Woorvoerder Mlimandlela Ndamase sê die opgraderings aan die privaat-befondse renbaan is 'n belangrike mylpaal:
21 Jun 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Daar's voordele aan Wêreldbank-klassifikasie

Nog reaksie is ontvang op Namibië se Wêreldbank-klassifikasie wat van die boonste middelinkomste- na die laer middelinkomste-kategorie aangepas is. Kosmos 94.1 Nuus het met Theo Klein van Oxford Economics in Kaapstad gepraat, wat die voordele hiervan beklemtoon.
8 Jul 11PM 1 min

BOSA eis verantwoordelike ambassadeur vir VSA

BOSA vra president Cyril Ramaphosa om vinnig 'n geloofwaardige, gekwalifiseerde en gerespekteerde ambassadeur in Washington aan te stel. Die Amerikaanse president Donald Trump het gister aangekondig daar sal van 1 Augustus af 'n 30-persent tarief op alle Suid-Afrikaanse uitvoere na die VSA gehef word. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê…
8 Jul 11PM 1 min

SA sitrusboere soek wyd vir meer markte

Sitrusboere in Suid-Afrika probeer om hul oorsese markte te vergroot om die land se volle uitvoerpotensiaal te benut. Die uitvoerende hoof van die Sitrusprodusentevereniging, Boitshoko Ntshabele sê onderhandelings word reeds gevoer met Japan, Suid-Korea, en Saoedi-Arabië om nuwe markte te bekom. Suid-Afrika, as die wêreld se tweede grootste sitrusuitvoerder na…
8 Jul 11AM 1 min

Oorskot van kinders by Katolieke tehuise word geïdentifiseer

Owerhede in Tuan, in Galway County werk had om die oorskot van 802 kinders wat dood is by ‘n tehuis wat deur die Katolieke Kerk vir ongehude moeders bestuur is, te identifiseer. ‘n Ondersoek is reeds ‘n dekade terug geloods en daar word beraam dat by die netwerk van tehuise…
8 Jul 11AM 1 min