Salah teken nuwe kontrak met Liverpool

--:--
Sokker: Die Egiptiese doelskieter Mohamed Salah het 'n nuwe kontrak van twee jaar met Liverpool onderteken wat hom tot 2027 op Anfield sal hou. Sy kontrak sou die einde van hierdie seisoen verstryk. Die 32-jarige het hierdie seisoen 27 doele en 17 aanvorings bygedra om Liverpool tot boaan die Premierliga-punteleer te laat klim. Salah sê hy is opgewonde om steeds vir die Rooies te kan speel en nóg trofees in te palm:
11 Apr 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Afrika moet op blou ekonomie fokus vir ontwikkeling

Voormalige president Thabo Mbeki het Afrika-nasies versoek om die blou ekonomie voorrang te gee as 'n hoeksteen vir die ontwikkeling en herlewing van die vasteland. Mbeki het voor die 15de Jaarlikse Thabo Mbeki Afrika-dag-lesing in Dar es Salaam, Tanzanië, die transformerende potensiaal van Afrika se oseane-ekonomie beklemtoon. Hy beklemtoon die…
21 May 1AM 1 min

AR kap Windhoek Stadspolisie oor hardhandige optrede

Die AR-beweging se Khomas-leierskap het die gedrag van Windhoek Stadspolisie-beamptes teenoor straatverkopers ten sterkste veroordeel, na video's van twee beamptes wat ‘n vrou geslaan en ‘n vuurwapen in ‘n skare ongewapende mense getrek het, gesirkuleer is. Die leierskap eis ‘n deeglike ondersoek en dat die betrokke beamptes ontslaan of gestraf…
21 May 1AM 1 min

CAN bied gratis kanker-siftingstoetse aan

Die Kankervereniging van Namibië bied môre gratis papsmere, borsondersoeke en vinnige PSA-prostaatkankersifting aan by hul Hoofkantoor Mediese Sentrum in Windhoek-Wes. Dit geld net vir die eerste 100 vroue en 25 mans, op 'n eerste daar, eerste bedien-basis. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rolf Hansen, die Kankervereniging se uitvoerende hoof.
21 May 1AM 1 min

Nasionale Raad hoor van nalatigheid, geldvermorsing by Nida-projekte

Die opvolgverslag van die Nasionale Raad se staande komitee oor Openbare Rekeninge en Ekonomie oor sy besoeke aan die Karas-, Otjozondjupa-, Zambezi-, Kavango Wes- en Oshana-streke oor landbouverwerkingsprojekte is hersien. Die projekte sluit in die van die Namibiese Industriële Ontwikkelingsagentskap, Nida. Een van die bevindinge is dat die nalatigheid en…
21 May 12AM 1 min