Behoefte aan nuwe markte onderstreep te midde van Trump-tariewe

--:--
Trump se handelstariewe het die Agoa-voordele vir Afrika-lande soos Suid-Afrika en Lesotho feitlik beëindig, terwyl Namibië minder geraak is weens laer uitvoere na die VSA. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Kobus Laubscher, ‘n Suid-Afrikaanse landbou ekonoom oor die impak gesels.
17 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Britte kan nou op 16 stem

Terwyl AR-leier Job Amupanda reeds so ‘n mosie in die parlement ter tafel gelê het, het die Verenigde Koninkryk die stemouderdom van 18 tot 16 verlaag, in die grootste hervorming aan die verkiesingstelsel sedert 1969. Sky News se Sophy Ridge verduidelik hoe die verlaging van die stemouderdom voor die volgende…
18 Jul 1AM 1 min

Miljarde verhaal in staatskapingsvervolgings

President Cyril Ramaphosa sê miljarde rande is verhaal in staatskapingsvervolgings, 'n aanduiding van vordering met die herstel van aanspreeklikheid en vertroue in regeringsinstellings. Ramaphosa het in sy reaksie op die begroting van die Presidensie die Nasionale Vervolgingsgesag en die Spesiale Ondersoekeenheid se pogings geprys om korrupte individue te vervolg en…
18 Jul 1AM 1 min

AU gee aandag aan werkloosheid in Namibië

Die Afrika-unie se Afrika-eweknie-oorsigmeganisme het 'n verslag oor werkloosheid in Namibië voltooi na streeksraadplegings, wat in die Khomas-streek geëindig. Die voorsitter van die Khomas-streekraad, John Moonde, sê die verslag is daarop gemik om die regering te help om bestuur en dienslewering te verbeter. 'n Landoorsigverslag oor ekonomiese bestuur en ontwikkeling…
18 Jul 1AM 1 min

Vertragings in skoolvoeding ingehaal

Die onderwysministerie verskaf skoolmaaltye aan meer as 400 000 leerders en het die program uitgebrei om 110 000 kinders in sentrums vir vroeë kinderontwikkeling in te sluit. Daar was onlangs vertragings in aflewerings, maar dit is hervat. Kosmos 94.1 Nuus het met die adjunk-direkteur van onderwys, Edda Bohn gepraat.
18 Jul 12AM 1 min

Jacques Burger gesels oor Saterdag se maak of breek wedstryd

Namibië se nasionale rugbyspan moet nog oor een hekkie kom om vir die 2027 Rugby Wêreldbeker in Australië te kwalifiseer. Die hekkie is in die vorm van Zimbabwe, in die eindstryd van die 2025 Rugby Afrikabeker-toernooi in Uganda. Afskop in die wenner-vat-alles stryd is Saterdag om 3-uur Namibiese tyd. Die…
18 Jul 12AM 1 min