B1 oop, veilig na klein hoeveelheid sianied gestort is

--:--
Die B1-pad noord van Otjiwarongo is weer oopgestel vir verkeer, het die padowerheid se woordvoerder, Hileni Filemon, aan die nasionale uitsaaier bevestig. Die pad was gesluit na 'n botsing tussen twee vragmotors, waarvan een sianied na B2Gold se Otjikoto-myn vervoer het. Twee mense is dood en 'n derde ernstig beseer. Volgens die omgewingministerie was die sianied in pakke verseël en net een pak was effe beskadig, waarna 'n klein hoeveelheid sianied gestort is. Gespesialiseerde spanne het die giftige sianied opgeruim en die terrein beveilig. Die gesondheidministerie het in 'n verklaring gesê media-berigte oor 'n sianied-storting moet eers geverifieer word. B2Gold se algemene bestuurder, Eric Barnard, het egter aan Kosmos 94.1 bevestig dat sianied gestort is.
18 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Starlink 'sal eerder werke, sake aanhelp as skaad'

Reaksie word ontvang op inligtingsminister Emma Theofelus wat sê Starlink se aansoek om sy 51 persent eienaarskap te behou, word steeds hersien. Starlink het middel verlede jaar ’n aansoek ingedien om in Namibië bedryf te word maar wil sy 51 persent eienaarskap behou. Hy moes dus kragtens die kommunikasiewet by…
3 Jul 11AM 1 min

Mpumalanga het plan teen boubedryf-mafia, DA juig

Die DA in Mpumalanga sê hy ondersteun die ingrypingstrategieë teen die boubedryf-mafia in die provinsie. Die provinsiale Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer het aangekondig 'n nasionale beraad sal byeengeroep word om hierdie misdadige sindikate uit te roei. Die DA-lid, Teboho Sekaledi, sê bouprojekte wat vertraag is, het 'n…
3 Jul 11AM 1 min

Gratis kankerondersoeke Saterdag op Rosh Pinah

Die Kankervereniging van Namibië sal Saterdag 'n gratis kankerondersoekkliniek in Rosh Pinah aanbied. Pap-smere, borsondersoeke en prostaat-blitstoetse sal beskikbaar wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië.
3 Jul 10AM 1 min

Ysland se Fishrot-saak sal nie plaaslike saak raak nie

Die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie Paulus Noa, sê die ondersoek na die Fishrot-skandaal in Ysland sal nie die plaaslike vervolging raak nie. Die ondersoekende program Kveikur het gewys op veelvuldige misdade wat in Namibië gepleeg is, soos geldwassery, omkopery en geldverduistering. Die saak word ondersteun deur onder meer 2 000…
3 Jul 10AM 1 min