LUISTER: ‘Passie en fokus nodig vir sukses’ – Johann Krige

--:--
Johann Krige, mede-eienaar van Kanonkop, een van die voorste Suid-Afrikaanse wynplase, glo hulle verkoop nie wyn nie, maar ’n leefstyl.

In sy gesprek met Johan Beukes sê hy ’n mens moenie die wiel probeer herontwerp nie, maar doen dít waarmee jy goed is.

In die episode sal jy meer hoor oor:
• passie en toewyding;
• om vrede te maak met wat jy het;
• die sewe vet jare en die sewe maer jare;
• hoe om met mense te werk; en
• hoe hy afskakel en herlaai.
18 Apr Afrikaans South Africa News · Education

Other recent episodes

‘Moenie ophou probeer nie’ – Gerrit van Zyl

In hierdie episode van Bly Boer deel Gerrit van Zyl, sakeman en bekroonde stoetbeesboer van Dewetsdorp, sy merkwaardige reis van konvensionele boerdery na herlewingslandboupraktyke met Reza Clifford. Gerrit se benadering tot geestelike welstand is diep gewortel in praktiese geloof, volharding en om sinvolheid in daaglikse klein bydraes tot iets groter…
10 Aug 19 min

‘Herlewing begin op die plaas’ – Johann Kotzé

Johan Beukes gesels in die jongste Bly Boer-episode met Johann Kotzé, uitvoerende hoof van AgriSA, oor wat dit werklik beteken om te volhard, hoopvol te bly en die volgende geslag te inspireer. Johann vertel in die gesprek hy glo dat geloof ons deur die donkerste tye kan dra en hoe…
3 Aug 27 min

Grond, geloof en gemeenskap – Charl Saunderson

Charl Saunderson, ’n Dorper-stoetboer van die Boesmanland, herinner ons in hierdie Bly Boer-episode dat boerdery meer is as net ’n beroep – dit is ’n lewenswyse wat gebou is op waardes van volharding, verantwoordelikheid en onwrikbare hoop vir die toekoms. Luister in sy gesprek met Reza Clifford oor hoe hy…
27 Jul 25 min