Bemagtig Namibiërs en maatskappye is welkom: Hengari

--:--
Landbouminister Mac Hengari sê Namibiërs moet 'n betekenisvolle rol speel in die ontginning van die land se natuurlike hulpbronne en ekonomiese potensiaal. Hy het by die sooispit-seremonie van die Vigor Biotegnologie Produksiefasiliteit in Hentiesbaai gepraat. Die nuwe fasiliteit sal hoë waarde rob- en neut-olies lewer wat ryk is aan omega-3, en wyd gebruik word in gesondheids- en kosmetiese produkte. Hengari sê die projek moet dien as 'n model vir plaaslike deelname en ekonomiese bemagtiging.
18 Apr 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Zelensky en Trump hou goeie gesprek in Den Haag

Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky beskryf sy ontmoeting met president Donald Trump as positief. Die twee leiers het bilaterale gesprekke gevoer by die NAVO-beraad in Nederland. Zelensky sê hulle het belangrike kwessies bespreek soos ʼn ooreenkoms vir ʼn skietstilstand en ware vrede, en die aankoop van Amerikaanse lugverdedigingstelsels. Hy het…
26 Jun 1AM 1 min

SA is steeds verbind tot swart ekonomiese bemagtiging

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika bly gebonde aan swart ekonomiese bemagtiging, ten spyte daarvan dat Amerika op ander sake fokus. Ramaphosa het aan die Nasionale Raad van Provinsies gesê regstelling en billikheid is grondwetlike vereistes, aangesien SEB noodsaaklik is vir inklusiewe, volhoubare groei, en moet alle Suid-Afrikaners betrek. Hy bevestig…
26 Jun 1AM 1 min

Dis koud in die Suide

'n Koue front het Namibië vanaf die suide getref, met reën wat voorspel word saam met ‘n skerp daling in temperature. Kosmos 94.1 Nuus het Woensdag gepraat met Dolf de Wet, van plaas Michberg naby Grünau.
26 Jun 1AM 1 min

Baie oortredings in mikrovliegtuigongeluk waarin Suide-boer sterf

Die voorlopige ondersoek na die vliegongeluk waarin Jannie Spangenberg van plaas Gras in die Kalkrand-omgewing gesterf het, het verskeie onreëlmatighede gevind. Spangenberg en sy seun wou glo 'n jakkals vanuit die mikrovliegtuig skiet toe dit neergestort het. Sy seun het die ongeluk oorleef. Onder andere het Spangenberg nie 'n vlieg-lisensie…
26 Jun 12AM 1 min

Ekonome bly optimisties oor toerisme

Die besettingskoers vir Mei was laer as in April maar ook laer as die 2019, of voor-Covid-syfers. Faktore soos minder besteebare inkomste van reisigers, veral uit Europa, kan hierin 'n rol speel. Ten spyte hiervan bly ekonome steeds optimisties oor die toekoms van die toerisme-sektor. Almandro Jansen, 'n ekonoom van…
26 Jun 12AM 1 min