
Baie oortredings in mikrovliegtuigongeluk waarin Suide-boer sterf
--:--
Die voorlopige ondersoek na die vliegongeluk waarin Jannie Spangenberg van plaas Gras in die Kalkrand-omgewing gesterf het, het verskeie onreëlmatighede gevind. Spangenberg en sy seun wou glo 'n jakkals vanuit die mikrovliegtuig skiet toe dit neergestort het. Sy seun het die ongeluk oorleef. Onder andere het Spangenberg nie 'n vlieg-lisensie gehad nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Hafeni Mweshixwa, a senior vliegongeluk inspekteur, wat meer inligting gee.