Delf Steeds Dieper - 25 April 2025

--:--
Ons het pas Paasnaweek en daarmee saam die wonder van Pase gevier.
In die kern van Paasfees – staan VERGIFNIS. Kom ons praat weer oor vergifnis – as ons hierdie groot Goddelike wonder nie verstaan of waarlik in ons eie lewe toepas nie, is die vier van die fees wat daaroor gaan, nutteloos. Marianne Peake is ‘n kind van God wat vergifnis verstaan. Kom kuier gerus saam met ons oor hierdie lewensbelangrike onderwerp!!
As ‘n tweede gas in die uitsending, gesels Elizabeth Jordaan verder oor die lewe en invloed wat Andrew Murray in SA gehad het.
Hierdie reeks is reeds geruime tyd aan die gang. Vanaf Junie 2024 word hierdie bydraes op potgooi aangebied. Gaan gerus na https://iono.fm/e/1529803 om weer na die hele reeks te luister.
25 Apr Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Delf Steeds Dieper 11 Julie 2025

Twee gaste wat gesels oor genesing – een in ons fisiese liggaam – Rene Testa en die tweede oor genesing in ons gees, Marianne Peak. Moet seblief nie hierdie twee dames se bydrae misloop nie – hulle praat albei van lewens veranderende dinge. Die vertellings van Elizabeth Jordaan oor die…
11 Jul 1 hr 34 min

Delf Steeds Dieper - 4 Julie 2025

Verstaan ons die belangrikheid van brein ontwkkeling? Riki Kotze is 'n dame wat spesialiseer daarin om kinders sowel as volwassenes te help om die brein nie net te ontwikkel nie, maar wakker te hou! Kom luister gerus en leer! Ons is immers nooit te laat om te leer nie! Die…
4 Jul 1 hr 34 min

Delf Steeds Dieper - 27 Junie 2025

Dit was nog altyd my voorreg om Bennie Mostert uit te saai – en Bennie het ons kom seën met ‘n besondere boodskap oor die belangrikheid daarvan dat ons dissipels van Jesus moet wees en dat ons betrokke moet raak daarby dat nog meer mense dissipels van Jesus word! Bennie…
27 Jun 1 hr 28 min

Delf Steeds Dieper 20 Junie 2025

Amanda Swanepoel is geen onbekende hier in program Delf Steeds Dieper nie. Amanda, vroeër van Vaal-Driehoek, woon al geruime tyd in die Kaap waar sy steeds graag vroue bemoedig en aanspoor tot ‘n dieper geloofswandel. Amanda wil graag gesels oor die wonder van “Liefde wat uit ‘n verligte hart borrel!”…
20 Jun 1 hr 28 min

Delf Steeds Dieper - 13 Junie 2025

Die eerste drie gaste in vandag se uitsending, het behoorlike onderrig van leerders op hulle hart! Albert en Lourinda Viljoen is ‘n egpaar wat graag met kinders werk om veral wiskundige vermoë aan te spreek – daarvoor gebruik hulle “Audio Blocks”. Dit is waarvan hulle vandag meer vertel. Hulle kan…
13 Jun 1 hr 27 min