Hommeltuie, kameras, keerpunt vir SA-grens

--:--
Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, sê die bekendstelling van waarnemingshommeltuie en liggaamskameras was 'n keerpunt vir grensbestuurswerk by grensposte. Hy sê ongeveer 112 persone is gedurende die Paastydperk om verskeie redes by grensposte in hegtenis geneem en aan lede van die SAPD oorhandig vir verdere hantering. Masiapato sê die meeste van hierdie mense het as fasiliteerders vir onwettige aktiwiteite rondom grensposte opgetree:
29 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Siviele kontrakteurs se vertroue daal steeds

'n Senior ekonoom van FNB, Siphamandla Mkhwanazi, sê die FNB/Buro vir Ekonomiese Navorsing se vertroue-indeks vir siviele kontrakteurs het die derde agtereenvolgende kwartaal gedaal tot die vlak van 41 in die tweede kwartaal van vanjaar, teenoor 45 in die eerste kwartaal. Hy sê dit toon aan dat byna 60-persent van…
30 Jun 11AM 1 min

Ongekende hittegolf teister Europa, VK

Frankryk en Europa ervaar tans 'n ongekende hittegolf en Franse owerhede het 'n rekordgetal hittewaarskuwings uitgereik. Die BBC berig daar is 'n oranje waarskuwing, die land se tweede hoogste, uitgereik in sowat 84 uit 96 van die streke in Frankryk. Die minister belas met klimaatsaangeleenthede, Agnès Pannier-Runacher, het dit 'n…
30 Jun 11AM 1 min

Tradisionele leiers besoek SA, verken ontwikkeling

Die Namibiese Raad van Tradisionele Leiers het sy driedaagse besoek aan Suid-Afrika afgesluit. Hulle reis was gemik op die verkenning van maniere waarop tradisionele owerhede meer selfstandig kan word. Die sending het geëindig met 'n besoek aan die Bakgatla-Ba-Kgafela-gemeenskap in Noordwes, waar die afvaardiging na ontwikkelingsinisiatiewe gekyk het wat fokus…
30 Jun 11AM 1 min

Vrae hang weer oor gereedheid vir komende verkiesings

Vrae oor Namibië se gereedheid vir die komende verkiesing vir plaaslike owerhede en streeksrade ontstaan met die Verkiesingskommissie se kalender wat geen melding maak van die nuut afgebakende kiesafdelings nie. Die vertraging in die vrystelling van verlede jaar se verkiesingsverslag en stilte van SAOG-waarnemers dra by tot groeiende kommer. Kosmos…
30 Jun 10AM 1 min

Lynministerie 'sal werk maak van Afrika-handelsooreenkoms'

By die amptelike bekendstelling van Afrika-kontinentale vryhandelsooreenkoms in Walvisbaai het die handelsministerie Namibië se toetrede tot intra-Afrikaanse handel gevier, met die eerste besending wat vanaf die Walvisbaai-hawe sal vertrek. Die geleentheid het regeringsamptenare, handelskundiges en belanghebbendes uit die privaatsektor bymekaargebring. Die minister van handel, Selma Ashipala-Musavyi, het meer.
30 Jun 10AM 1 min