Ongekende hittegolf teister Europa, VK

--:--
Frankryk en Europa ervaar tans 'n ongekende hittegolf en Franse owerhede het 'n rekordgetal hittewaarskuwings uitgereik. Die BBC berig daar is 'n oranje waarskuwing, die land se tweede hoogste, uitgereik in sowat 84 uit 96 van die streke in Frankryk. Die minister belas met klimaatsaangeleenthede, Agnès Pannier-Runacher, het dit 'n "ongekende" situasie genoem. Hittewaarskuwings is ook ingestel vir dele van Spanje, Portugal, Italië, Duitsland, die Verenigde Koninkryk en die Balkanlande, insluitend Kroasië. Die warmste Junie-dae ooit was oor die naweek aangeteken in beide Spanje en Portugal. Mehrzad Joussefi, 'n toeris in Seville, Spanje, waar die kwik tot 48 grade Celsius gestyg het, het met die BBC gepraat.
30 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Tariewe skep gefragmenteerde wêreldhandelstelsel

Die Amerikaanse tarief van 30-persent is nie goeie nuus vir die Suid-Afrikaanse ekonomie nie en die moontlike negatiewe ekonomiese impak moenie onderskat word nie. Dit is die mening van professor Raymond Parsons van die Noordwes-universiteit se sakeskool. Hy sê die realiteit in die wêreld is dat die aggressiewe Amerikaanse tariefbeleid…
9 Jul 6AM 1 min

Texas-goewerneur sê alles word ingespan om oorlewendes te vind

Texas se goewerneur, Gregg Abbot, sê 161 mense word steeds vermis ná die verwoestende kitsvloede wat dele van die staat verlede naweek getref het. Onder die vermiste persone is vyf kinders en een berader van Camp Mystic, waar minstens 27 mense in die oorstroming dood is. Ongeveer 109 mense is…
9 Jul 6AM 1 min

Telecom doen onderhoud in Suide, onderbrekings sal ervaar word

Telecom Namibia sal tot 19 Julie daagliks onderhoud aan mobiele en vaste dienste uitvoer, tussen 10-uur saans en vier-uur soggens. Die werk het reeds Dinsdag begin. Kliënte in Keetmanshoop, Nautedam, Grünau, Karasburg, Velloorsdrif, Warmbad, Noordoewer, Aussenkehr en Ariamsvlei kan kortstondige diensonderbrekings ervaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ndapewa Neshila,…
9 Jul 5AM 1 min

NamPol sê oor dobbelhuis-roof

Meer inligting is bekend oor die gewaagde roof van 324 700 Namibiese dollar en verskeie selfone by die Windhoek Lounge & Gambling House in Ausspannplatz, Windhoek. Die verdagtes, gewapen met messe, het hulself met geweld in die kantoor ingedring waar die kassier geld getel het voordat hulle met die kontant…
9 Jul 5AM 1 min

Effe verligting van die erge koue

Dit lyk asof die bitter koue vir eers verby is, en sonnige toestande word oor die grootste deel van die land verwag. Die kus en dele van die Namib kan in die komende dae Oosweer en sandstorms te wagte wees. Kosmos 94.1 Nuus het met weerman Odillo Kgobetsi by die…
9 Jul 5AM 1 min