EFF is ook bly dat hof teen BTW beslis

--:--
Die EFF het die Wes-Kaapse Hooggeregshof se besluit verwelkom om die 0,5-persent BTW-verhoging op te skort, wat dié belastingverhoging Donderdag voorkom. Hierdie besluit volg ná 'n regsgeding deur die DA en die EFF teen die BTW-koersaanpassing en die besluit van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies om die finansiële komitees se verslae te onderskryf. Die EFF-leier Julius Malema sê die opskorting van die BTW-verhoging was nodig:
29 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Jeug is apaties by stembus 'oor leë beloftes'

Kiesersopkoms in Namibië het oor die jare skerp afgeneem, veral onder die jeug, volgens die kommissaris van die Namibië Verkiesingskommissie, Pius Iikwambi. Hy het 'n daling vanaf 81,1 persent in 1992 tot slegs 38,3 persent in die 2020-streekverkiesings en 43,2 persent in plaaslike owerheidsverkiesings uitgelig. Die plaaslike owerheidsverkiesings is die…
3 Jul 8AM 1 min

DA steun arrestasie van kriminele polisielede

Die DA sê hy ondersteun die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron, se oproep dat alle polisielede wat by misdade betrek word, aangekeer of aangekla word. Dianne Kohler Barnard van die DA sê hulle gaan van die minister van Polisie, Senzo Mchunu, eis dat al sulke lede…
3 Jul 8AM 1 min

Kaapstad is gereed vir die volgende front wat môre aankom

Die Stad Kaapstad se Ramprisikobestuursentrum sal op 'n hoë gereedheidsgrondslag bly vir 'n erge kouefront wat Vrydag en Saterdag oor die Wes-Kaap inbeweeg. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n geel vlak 4-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reënval dié naweek. Die woordvoerder van die Ramprisikobestuursentrum, Sonica Lategan, sê die stad het ook organisasies…
3 Jul 6AM 1 min

Nuwe Superman-akteur sê hy was erg geïntimideer

‘n Privaat eksklusiewe vertoning van Superman 2025, wat op 11 Julie in teaters begin draai, is gehou. Die nuwe ‘man of steel’ David Corenswet het met die media gepraat en sê hy was erg geïntimideer deur die rol wat hy as kind geken het.
3 Jul 6AM 1 min

Dis wat jy tande trek noem!

Professore Gerhard Steenkamp en Adrian Tordiffe van die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Veeartsenykunde in Onderstepoort het na Kambodja in Asië gereis om 'n tandtrek-prosedure op 'n olifant uit te voer. Steenkamp sê die reis wat tot dié reusetaak gelei het, het bykans 18 maande gelede begin toe dokter Navaneetha…
3 Jul 6AM 1 min