DA soek verslag van George-gebou, nou

--:--
Die DA in die Wes-Kaap sê alle regeringsverslae oor die ineenstorting van die gebou in George sal aan voortgesette toesig onderwerp word. Die party het die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, daarvan beskuldig dat sy haar openbare verklaring teruggetrek het dat die verslag van die Nasionale Huisbouersregistrasieraad oor laasjaar se tragedie wat 34 lewens geëis het, finaal was. Dirk Wessels van die DA het Simelane aangemoedig om 'n duidelike en ondubbelsinnige openbare verklaring te maak oor die verslag se status en finalisering:
3 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid skep riglyne vir uitbrekings soos cholera, malaria

Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, het 'n proaktiewe benadering tot gesondheidsbedreigings versoek en die bekendstelling van Namibië se nasionale gebeurtenisgebaseerde toesigriglyne beklemtoon. Die riglyne is daarop gemik om vroeë opsporing en reaksie op uitbrekings soos malaria en cholera te verbeter. Die riglyne, in lyn met die Afrika-Siektebeheersentrum se raamwerk, sal…
25 Jun 11PM 1 min

Ramprisikobestuur reageer op Kaapstad se oorstromings

Die Stad Kaapstad reageer op oorstromings in verskeie gebiede, insluitend Parkwood, Imizamo Yethu, Hangberg en Overcome-hoogte, te midde van stortreën weens 'n sterk kouefront. Vloedhulp-pakkies is aangevra in informele nedersettings soos Lwandle, Macassar en Khayelitsha. Die Ramprisikobestuur se woordvoerder, Sonica Lategan, sê twee kanale het oorstroom, wat wydverspreide verspoelings in…
25 Jun 11PM 1 min

Dalk kan 4x4-ambulanse help in Kavango-Oos

Die oud-gesondheidsminister en mediese dokter, Bernard Haufiku, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die toenemende gevalle van voedselvergiftiging in die Ndiyona-kiesafdeling in Kavango Oos, waar 20 sterftes tussen 2023 en 2025 aangemeld is. Hy meen dit word gekoppel aan swak infrastruktuur, veral slegte paaie, 'n gebrek aan vervoer en…
25 Jun 11AM 1 min

Bek-en-klouseer buite beheer in buurland, sê TLU SA

Die landbou-organisasie TLU SA sê bek-en-klouseer is buite beheer in Suid-Afrika en die regering moet hulpbronne ontplooi om die uitbreking te bekamp. Die organisasie sê hoewel daar in sekere provinsies met inentings begin is, word nuwe gevalle steeds op sommige plase aangemeld. Bennie van Zyl van TLU SA sê dis…
25 Jun 11AM 1 min