
Ramprisikobestuur reageer op Kaapstad se oorstromings
--:--
Die Stad Kaapstad reageer op oorstromings in verskeie gebiede, insluitend Parkwood, Imizamo Yethu, Hangberg en Overcome-hoogte, te midde van stortreën weens 'n sterk kouefront. Vloedhulp-pakkies is aangevra in informele nedersettings soos Lwandle, Macassar en Khayelitsha. Die Ramprisikobestuur se woordvoerder, Sonica Lategan, sê twee kanale het oorstroom, wat wydverspreide verspoelings in strate veroorsaak. Sy versoek inwoners om hierdie gebiede en waterweë te vermy vir hul eie veiligheid: