Trump sê Katar skenk straler, Katar sê dis onakkuraat

--:--
Amerikaanse president Donald Trump het die Withuis se plan om moontlik 'n luukse jumbo-straler van Katar se koninklike familie te ontvang, verdedig. Die straler wat sowat 400 miljoen Amerikaanse dollar werd is sal as 'n Air Force One presidensiële vliegtuig gebruik word. "Hulle gee ons 'n geskenk," het Trump aan verslaggewers by die Withuis gesê. 'n Woordvoerder van Katar het in 'n verklaring die bewering dat die vliegtuig 'n geskenk is as onakkuraat beskryf. Hy sê die oordrag van 'n vliegtuig vir tydelike gebruik is tussen die twee lande bespreek. Luister self na Trump.
12 May 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Meer geld by Gauteng-begroting sal nie verskil aan dienslewering maak nie

Die DA in Gauteng sê die 886,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat by die provinsiale begroting gevoeg is, sal nie ʼn beduidende verskil maak aan dienslewering en inwoners se lewensgehalte nie. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, het die provinsiale begroting vir die 2025/2026-boekjaar opnuut voorgelê nadat veranderinge…
4 Jun 3AM 1 min

Musk sê Trump se 'big, beautiful bill' is 'n gruwel

Die miljardêr Elon Musk het president Donald Trump se belasting- en bestedingswetsontwerp gekritiseer en dit verregaande en ʼn gruwel genoem. Die wetsontwerp wat triljoene Amerikaanse dollar se belastingverligting insluit, is verlede maand in die Huis van Verteenwoordigers aanvaar. Musk, wat die Trump-administrasie verlede week verlaat het, sê die Kongres maak…
4 Jun 3AM 1 min

Starlink is digitale imperialisme - ATM

Die African Transformation Movement eis 'n onmiddellike verbod op Elon Musk se onderneming, die Starlink-satellietdiens, en sê dit word onwettig in Suid-Afrika bedryf. Die ATM kritiseer die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid se versuim om op te tree en noem Starlink se bedrywighede 'n bedreiging vir nasionale soewereiniteit. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona,…
4 Jun 2AM 1 min

IPL-titel behoort aan Royal Challengers Bengaluru

Die Royal Challengers Bengaluru het die Punjab Kings met ses lopies geklop om hul eerste Indiese Premierliga-titel te buit. Virat Kohli met 43 het die meeste lopies bygedra en RCB het in sy 20 boulbeurte 190 vir nege behaal. Ten spyte van Shashank Singh se onoorwonne 61, is Punjab in…
4 Jun 2AM 1 min

IATA verwag rederye sal vanjaar bestendig bly

Die Internasionale Lugvervoer-vereniging, IATA, het 'n opdatering van die finansiële vooruitsigte van lugdienste vanjaar aangekondig, wat beter winsgewendheid oor 2024 en veerkragtigheid toon in die lig van die wêreldwye ekonomiese en politieke verskuiwings. Alhoewel wêreldwye BBP-groei na verwagting van 3,3 persent in 2024 tot 2,5 persent in 2025 sal daal,…
4 Jun 1AM 1 min