Rugby: Welwitschias pak Pumas vandag in Windhoek

--:--
Die Welwitschias kom vanmiddag teen Suid-Afrika se Airlink Pumas op die Hage Geingob-stadion te staan. Die Pumas is 'n gedugte span en die manne sal moet uithaal en wys. Die wedstryd skop om drie-uur af. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jacques Burger, die nuwe Welwitschias afrigter, direkteur van die Namibiese Rugby-unie en legendariese speler.
21 Jun 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump se tariewe is rampspoedig

Die landbou-organisasie TLU SA het kommer uitgespreek oor Amerika se invoertariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse goedere wat op 1 Augustus ingestel word. Die Amerikaanse mark, met ondersteuning van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, het in 2024, 4 persent van die land se totale uitvoere uitgemaak. Bennie van…
9 Jul 4AM 1 min

Bibi sê sy doelwitte in Gaza bly staan

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy dink nie hulle militêre veldtog in Gaza is afgehandel nie, maar onderhandelaars werk beslis aan ʼn skietstilstandooreenkoms. Dit volg nadat president Donald Trump se gesant in die Midde-Ooste, Steve Witkoff, gesê het hy hoop hulle bereik hierdie week ʼn tydelike skietstilstand van…
9 Jul 4AM 1 min

Demonstrasie teen Stad Windhoek op 28 Julie

Gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die uitdagings wat hulle ervaar met Stad Windhoek, veral met rekenings en ander bestuurskwessies. Hy verduidelik.
9 Jul 3AM 1 min

Vrywillige mag in Nigerië afgemaai

'n Gewapende bende het 'n groep mans naby die dorpie Kukawa in Nigerië se Plateau-staat aangeval en minstens 50 mense doodgemaak. Die slagoffers was lede van 'n vrywillige mag wat in die lewe geroep is om dorpenaars teen strooptogte te beskerm. Die BBC se Afrika-korrespondent, Will Ross, verduidelik.
9 Jul 3AM 1 min