Daar is nie 'n voldoende grondslag in onderwys nie - kenner

--:--
Die 2023 sensus se arbeidsmagopname het onthul dat sekondêre onderwys die algemeenste en hoogste opvoedingsvlak is onder Namibiërs in die werksbevolking tussen 15 en 59 jaar. Slegs 546 805 van die 1,8 miljoen mense in hierdie ouderdomsgroep is werklik in diens, of sowat 30 persent van die totale bevolking van 3 miljoen. Die werklike gemiddeld van skooljare beloop 7,3 in die land. Die verslag beklemtoon dat onderwys 'n direkte impak het op werkvooruitsigte. Kosmos 94.1 nuus het met die arbeidskenner Herbert Jauch gepraat, wat sê strukturele veranderinge in die ekonomie en onderwys is nodig.
13 May 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oos-Kaap verloor 4 200 huise, 400 skole in vloede

Die waarnemende premier van die Oos-Kaap, Mlungisi Mvoko, sê vloedskade in die provinsie word op vier-miljard Suid-Afrikaanse rand beraam. Meer as 4 200 huise is vernietig, met amper 2 000 wat gedeeltelik beskadig is. Mvoko het bevestig dat meer as 400 skole en 1 500 klaskamers beskadig is, wat meer…
20 Jun 8AM 1 min

Uitdagings met tersiêre opleiding haal die NV

Parlementslede het in die Nasionale Vergadering kommer uitgespreek oor ongeakkrediteerde instellings, diskriminasie op grond van Nsfaf-befondsing en onnodige verpleegevalueringstoetse. Die PDM-parlementslid Inna Hengari het beklemtoon dat baie jongmense groot bedrae belê in instellings wat nie erkende kwalifikasies aanbied nie.
20 Jun 6AM 1 min

Unam en NIP werk saam vir mediese opleiding

Die Namibiese Instituut vir Patologie en Unam het 'n memorandum van verstandhouding onderteken wat daarop gemik is om mediese opleiding, gespesialiseerde opleiding en navorsing in patologie te versterk. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van Unam gepraat wat meer inligting oor die ooreenkoms het.
20 Jun 6AM 1 min

Zinave in Mosambiek ontvang 10 swartrenosters

Tien ernstig bedreigde swartrenosters is vandeesweek suksesvol uit Suid-Afrika in Mosambiek se Zinave Nasionale Park hervestig. Die renosters, vyf bulle en vyf koeie, is geskenk deur Ezemvelo KZN Wildlife, in samewerking met Mosambiek se Nasionale Administrasie vir Bewaringsgebiede en die Peace Parks Foundation. Antony Alexander van die stigting sê die…
20 Jun 6AM 1 min

Besettingsyfers daal weer in Mei

Die nuutste besettingskoers statistieke vir Mei is bekend. ‘n Daling is aangemeld teenoor April maar is ook laer as die 2019, of voor-Covid-syfers. Baie faktore speel 'n rol in die statistieke, onder andere, ekonomiese druk op huishoudings in Europa. Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging, het met…
20 Jun 6AM 1 min