Besettingsyfers daal weer in Mei

--:--
Die nuutste besettingskoers statistieke vir Mei is bekend. ‘n Daling is aangemeld teenoor April maar is ook laer as die 2019, of voor-Covid-syfers. Baie faktore speel 'n rol in die statistieke, onder andere, ekonomiese druk op huishoudings in Europa. Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
20 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mega-SOE maak plek vir meer korrupsie - DA

Die DA maak beswaar teen die ANC se voorstel vir ʼn mega-staatsinstelling en sê dit sal ʼn geleentheid wees vir grootskaalse korrupsie. Dit sal Suid-Afrikaanse belastingbetalers volgens berigte meer as 600-miljoen-rand kos om die instelling te stig wat alle staatsondernemings sal beheer. Darren Bergman van die DA sê geldige kommer…
11 Jul 6AM 1 min

Wimbledon-vroue eindstryd: Twee newbies op die baan

Die vyfmalige Grand Slam-kampioen, Iga Swiatek, kom môre in die Wimbledon-eindstryd teen die Amerikaner, Amanda Anisimova, te staan. Die gewese wêreld-nommer-een van Pole het gemaklik met Belinda Bencic van Switserland afgereken terwyl Anisimova die wêreld se voorste vrouespeler, Aryna Sabalenka of Belarus verslaan het. Dit is beide Swiatek en Anisimova…
11 Jul 6AM 1 min

Ed Sheeran verf tussen toer en ateljee

Oorspronklike kunswerke en afdrukke deur die bekroonde sanger-liedjieskrywer Ed Sheeran is tot 1 Augustus te sien in 'n nuwe uitstalling by die Heni Gallery in sentraal-Londen. Geld wat met die uitstalling ingesamel word, sal aan die Ed Sheeran-stigting gaan om om inklusiewe, hoëgehalte-musiekonderrig aan kinders van alle agtergronde te bied…
11 Jul 6AM 1 min

Rou, gevriesde vleis suid van die rooilyn vervoer vir droogtehulp

Dit wil voorkom asof die regering sy eie maatreëls oortree het tydens sy droogteverligtingsprogram. Die eerste minister dr. Elijah Ngurare sê dat vleis deur Meatco in die noordelike kommunale gebied bekom is, gevries is en in 1,5-kilogram pakkies in Kavango Wes, Kavango Oos en Zambezi versprei. Maar, hy het bygevoeg…
11 Jul 6AM 1 min