Die Namibiese Weerdiens verwag kouer toestande in die komende dae, ook in die noordelike streke. Odillo Kgobetsi van die diens het met Kosmos 9.1 Nuus gepraat.
Die werksomstandighede waarin sekuriteitswagte verkeer is tans in die nuus in die land. Dit kom na Celeste Muhunduru, nasionale administrateur vir die Sekuriteitsvereniging van Namibië en die Namibiese Veiligheidsarbeidsforum die kwessies in die media opgehaal het. Kosmos 94.1 Nuus het met Mhunduru gesels.
Cosatu sê hy verwerp met uiterste veragting die aanval van die uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa, Busisiwe Mavuso, op Transnet se werknemers. Mavuso het Transnet se besluit gekritiseer om 'n verhoging van ses-persent aan werkers toe te staan vir die volgende drie jaar en sê die ooreenkoms neem…
Meer inligting is bekend oor die toenemende voetgangerverwante ongelukke wat die MVA-fonds aangemeld het. Van 1 Januarie tot 4 Junie 2025, het ongelukke met 15 persent gestyg, beserings met 14 persent en sterftes met 45 persent. Die hoof korporatiewe beampte by die fonds, John Haufiku, het meer.
Die sekretaris-generaal van die Namibiese Motorsport-federasie Derek Jacobs het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die nuus dat die FIA-beheerliggaam Kyalami se opgraderingsplanne goedgekeur het. Dit sal dit die enigste Graad 1-baan in Afrika maak en die weg baan dat Formule Een na Suid-Afrika terugkeer. Die opgradering sal nie die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.