NMF se Jacobs vertel oor Kyalami se opgraderings

--:--
Die sekretaris-generaal van die Namibiese Motorsport-federasie Derek Jacobs het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die nuus dat die FIA-beheerliggaam Kyalami se opgraderingsplanne goedgekeur het. Dit sal dit die enigste Graad 1-baan in Afrika maak en die weg baan dat Formule Een na Suid-Afrika terugkeer. Die opgradering sal nie die baan se uitleg verander nie, maar veranderinge insluit wat aan moderne veiligheid- en tegniese standaarde voldoen. Dit moet binne drie jaar voltooi word. Jacobs het meer.
20 Jun 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rassekwotas in aanstelling skend vryhede

Sakeliga sê die gewysigde Wet op Gelyke Indiensneming bevat rasgebaseerde aanstellingskwotas wat onmoontlik is om te bereik en is skadelik vir die ekonomie. Die sake-instelling en die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika, voer aan die nuwe regulasies is ongrondwetlik en sê dit skend die vryheid van werkgewers en werknemers. Sakeliga se…
10 Jul 4AM 1 min

Hittegolf in Europa dood 2 300

Die onlangse rekord-hittegolf in Europa het die dood van 2 300 mense veroorsaak, volgens 'n wetenskaplike studie. Die studie het 12 stede ondersoek en bevind dat sowat 1 500 van die sterftes toegeskryf kan word aan die uitwerking van klimaatsverandering. Friederike Otto, 'n professor in klimaatswetenskap aan die Imperial College…
10 Jul 4AM 1 min

Namibië neem Indiese betaalstelsel aan

Namibië is die eerste land wat Indië se Unified Payment Interface-tegnologie. Die stelsel is in daardie land ontwikkel om interbank-transaksies deur selfone moontlik te maak. Dit kom na die Indiese premier Narendra Modi se besoek aan Namibië. Hy het tydens 'n gesamentlike sitting by die Nasionale Vergadering gepraat.
10 Jul 3AM 1 min

VF+ sê tariewe is as gevolg van geopolitiek

Die Vryheidsfront Plus sê Amerika se aangekondigde handelstariewe van 30-persent het waarskynlik 'n onderliggende geopolitieke motivering en is 'n regstreekse aanval op die ekonomiese voordele wat AGOA vir Suid-Afrika inhou. Jaco Mulder van die party sê die tariewe is ook 'n reaksie op Suid-Afrika se groeiende diplomatieke en ekonomiese bande…
10 Jul 3AM 1 min

Sonder basislading-aanleg sal Namibië afhanklik bly vir krag

Die uitvoerende hoof van NamPower, Simson Haulofu, het die regering versoek om 'n nasionale basislading kragsentrale te ontwikkel om elektrisiteitskoste te verminder en afhanklikheid van invoere te beëindig. Hy het parlementêre komitees toegespreek en sê dat Namibië, ten spyte van vordering met hernubare energie, nie langtermyn-energiestabiliteit het nie.
10 Jul 2AM 1 min