Transformasiefonds se rasgebaseerde kriteria onder die loep

--:--
AfriForum het formeel beswaar gemaak teen die handelsdepartement se voorgestelde Transformasiefonds van 100 miljard Suid-Afrikaanse rand. Die organisasie het kritiek gelewer op die fonds se rasgebaseerde kriteria en befondsingsmodel. Woordvoerder Ernst van Zyl voer aan dat die plan, wat vereis dat besighede drie-persent van hul netto wins ná belasting bykomend moet bydra, rasse-uitsluiting bevorder en die risiko van korrupsie inhou.
13 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Die dag wat was, 3 Junie 2025

Welkom by die Dag Wat Was om 7-uur, waar Kosmos jou ‘n opsomming van die hoofnuusgebeure van die dag, van hier, daar en oral bring.
3 Jun 1PM 5 min

Zuma, Thales se poging om korrupsiesaak te beëindig misluk

Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg het aansoeke van voormalige president Jacob Zuma en die Franse wapenmaatskappy, Thales, om hul wapentransaksie-korrupsieverhoor te staak, van die hand gewys. Zuma en Thales staan tereg op aanklagte van korrupsie, bedrog, afpersing en geldwassery wat verband hou met die wapentransaksie van 1999 van multimiljard-rand. Regter Nkosinathi…
3 Jun 11AM 1 min

Vroue-Springbok Makua wil impak maak by Afrika-vrouebeker

Rugby: Die Springbok-vroue se veelsydige voorspeler, Lerato Makua, sê sy is vasbeslote om 'n impak te maak in die Afrika-vrouebeker in Madagaskar wat Saterdag begin. Suid-Afrika wil hulle titel teen Uganda, Kenia en die gasvroue Madagaskar by die Stade Makis in Antananarivo verdedig. Makua, wat na 'n kniebesering terugkeer, sê…
3 Jun 11AM 1 min

Kankerveriging onderstreep belangrikheid van HPV-inentings

Die gesondheidsministerie se bekendstelling van die entstof teen menslike papilloomvirus, of HPV in die nasionale roetine-immuniseringskedule, sal van 30 Junie tot 18 Julie plaasvind. Dit is oorspronklik vir 2 tot 13 Junie beplan, maar is herskeduleer om te verseker dat alle nodige voorbereidings in plek is. Die HPV-inentingsprogram is hoofsaaklik…
3 Jun 10AM 1 min