Djokovic vertel van sy en Andy Murray se skeiding

--:--
Tennis: Die voormalige wêreld-nommer-een, Novak Djokovic, is nie haastig om ʼn nuwe afrigter te kry voor die Franse Ope nie. Sy en nog 'n gewese nommer-een, Andy Murray, se paaie het onlangs geskei nadat hulle ses maande saamgewerk het. Die 24-malige Grand Slam-kampioen is ʼn promotorskeuse vir die Geneefse Ope, waar hy probeer om sy 100ste toervlak-titel te beklink. Hy speel vandag teen die Hongaar, Marton Fucsovics. Djokovic sê hy kon niks meer uit sy vennootskap met Murray kry nie:
21 May 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA slaag in 98% van sy landbou-teikens in Wes-Kaap

Die DA in die Wes-Kaap sê die provinsiale Departement van Landbou het 98-persent van sy jaarlikse prestasieteikens vir die 2024/2025-boekjaar bereik. Die party sê die indrukwekkende resultaat is 'n bewys dat die departement sy mandaat nakom om boere en die landbousektor te ondersteun. Noko Masipa van die DA sê of…
22 Jun 11PM 1 min

Iran: Hegseth vol lof vir Trump

Die Amerikaanse minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê hulle het daarin geslaag om Iran se kernambisies uit te wis. Die Iranse Atoomenergie-organisasie sê die aanval op van die kernterreine was 'n barbaarse skending van internasionale reg. Hegseth sê baie presidente het gedroom om die finale slag teen Iran se kernprogram…
22 Jun 11PM 1 min

Korrupsie is verraad, sê Ngurare 

Eerste minister Elijah Ngurare het in die Nasionale Vergadering beklemtoon dat korrupsie as verraad beskou moet word, en president Nandi-Ndaitwah se opmerkings in haar intreerede herhaal. Hy het bygevoeg dat betekenisvolle verandering moontlik is as almal beslissende stappe doen om korrupsie uit te roei. 
22 Jun 6AM 1 min

Netanyahu besing Trump se lof ná Iran-aanval 

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het president Donald Trump geprys ná Amerika se aanvalle op Iran se kernfasiliteite en gesê dit help baan die weg na vrede en vooruitgang in die Midde-Ooste. Israel is ná die aanvalle vroeg vanoggend op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas en net noodsaaklike bedrywighede mag…
22 Jun 6AM 1 min

China skrap tariewe vir Afrikalande

China gaan tariewe vir 53 Afrikalande waarmee hy bande het skrap en belastingvrye toegang uitbrei om middelinkomstelande soos Namibië in te sluit. Die stap is daarop gemik om Afrika-uitvoere te bevorder en China se handelsoorskot van 62 miljard Amerikaanse dollar met die vasteland te verminder. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie…
22 Jun 5AM 1 min