DA slaag in 98% van sy landbou-teikens in Wes-Kaap

--:--
Die DA in die Wes-Kaap sê die provinsiale Departement van Landbou het 98-persent van sy jaarlikse prestasieteikens vir die 2024/2025-boekjaar bereik. Die party sê die indrukwekkende resultaat is 'n bewys dat die departement sy mandaat nakom om boere en die landbousektor te ondersteun. Noko Masipa van die DA sê of dit nou deur huishoudelike voedselsekerheidsprojekte of uitvoeruitbreiding is, die departement het getoon dat dit werk om te verseker dat landbou steeds 'n hoeksteen van die provinsiale ekonomie bly:
22 Jun 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mbalula vaar uit teen die media

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê sekere joernaliste het hulle rol as onafhanklike verslaggewers prysgegee om na bewering politieke agendas te bevorder. Terwyl die party mediavryheid verdedig, mag dit nie met straffeloosheid verwar word nie. Mbalula beweer hierdie soort gekaapte joernalistiek ondermyn die publiek se vertrou en die…
8 Jul 6AM 1 min

IDF is aanspreeklik meen oud-woordvoerder

Oud-woordvoerder van die Israelse weermag en navorser by die Stigting vir Verdediging van Demokrasieë, Jonathan Conricus, het met Britse media gepraat oor aantygings dat Israelse soldate oorlogsmisdade in Gaza pleeg. Hy sê dit gebeur maar, daar is aanspreeklikheid.
8 Jul 6AM 1 min

Toename in ongelukke wek kommer

Die MVA-fonds het 'n beduidende toename in padongelukke, sterftes en botsings in 2025 aangeteken sedert verlede jaar, wat ernstige kommer wek oor padveiligheid landwyd. Kosmos 94.1 nuus het met Ruben Uupindi, die fonds se senior bestuurder vir ongeluk- en beseringsvoorkoming gepraat.
8 Jul 5AM 1 min

Sinomine-afleggings: Minister verklaar dispuut

Arbeidsminister Wise Immanuel wil die vrywillige aflegging van 650 werkers by Sinomine Resources staak en sal ‘n versoener deur die kantoor van die arbeidskommissaris aanstel om die dispuut te hanteer. Immanuel het nie toegang tot die myn verkry nie en het met die werkers, die Arbeidskommissaris en die vakbond by…
8 Jul 5AM 1 min

Trump verloor goeie wil met sy optrede

Reaksie word ontvang op Amerikaanse president Donald Trump wat sê 'n bykomende 10 persent invoertarief sal gehef word op enige land wat hom by die BRICS-groep se "anti-Amerikaanse beleide" skaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Andre Duvenhage, 'n politieke ontleder van Suid Afrika, wat sê Trump se optrede…
8 Jul 5AM 1 min