Vermiste Visrivier-canyon stapper veilig gevind

--:--
Die 63-jarige Suid-Afrikaner wat in die Visrivier-canyon vermis was, Jacobus Linteeze, is opgespoor en is veilig. Kharas se streekskoördineerder vir misdaadondersoeke, adjunkkommissaris Nicodemus Mbango, sê hy is 'n goeie toestand. Linteeze was laas op 16 Mei gesien toe hy saam met 'n groep van 12 lede in die canyon gaan stap het, maar was nie daar toe hulle die roete voltooi het nie. Mbango het meer.
21 May 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Korrupsie is verraad, sê Ngurare 

Eerste minister Elijah Ngurare het in die Nasionale Vergadering beklemtoon dat korrupsie as verraad beskou moet word, en president Nandi-Ndaitwah se opmerkings in haar intreerede herhaal. Hy het bygevoeg dat betekenisvolle verandering moontlik is as almal beslissende stappe doen om korrupsie uit te roei. 
22 Jun 6AM 1 min

Netanyahu besing Trump se lof ná Iran-aanval 

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het president Donald Trump geprys ná Amerika se aanvalle op Iran se kernfasiliteite en gesê dit help baan die weg na vrede en vooruitgang in die Midde-Ooste. Israel is ná die aanvalle vroeg vanoggend op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas en net noodsaaklike bedrywighede mag…
22 Jun 6AM 1 min

China skrap tariewe vir Afrikalande

China gaan tariewe vir 53 Afrikalande waarmee hy bande het skrap en belastingvrye toegang uitbrei om middelinkomstelande soos Namibië in te sluit. Die stap is daarop gemik om Afrika-uitvoere te bevorder en China se handelsoorskot van 62 miljard Amerikaanse dollar met die vasteland te verminder. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie…
22 Jun 5AM 1 min

RISE verbete oor stryd teen dobbel

RISE Mzansi sê hy het sy stryd teen onwettige dobbelary en vir dobbelhervorming na die land se wetstoepassingsagentskappe geneem. RISE Mzansi se woordvoerder, Mabine Seabe, sê die Valke werk daaraan om die plaag van onwettige dobbelary in Suid-Afrika te bekamp. Hy sê die party sal nie rus totdat daar dobbelhervorming…
22 Jun 5AM 1 min

Siviele vonnisse neig afwaarts in SA

Statistiek Suid-Afrika sê meer as 8 000 siviele vonnisse vir skuld is in April aangeteken met 'n totale waarde van 221 miljoen rand. Dit is 19,5 persent laer as dieselfde tydperk verlede jaar. Die grootste afnames was in geleende geld, skriftelike beloftes, dienste en ander skuld. Onica Mushwana van Stats…
22 Jun 4AM 1 min