Siviele vonnisse neig afwaarts in SA

--:--
Statistiek Suid-Afrika sê meer as 8 000 siviele vonnisse vir skuld is in April aangeteken met 'n totale waarde van 221 miljoen rand. Dit is 19,5 persent laer as dieselfde tydperk verlede jaar. Die grootste afnames was in geleende geld, skriftelike beloftes, dienste en ander skuld. Onica Mushwana van Stats SA sê die data wys 'n deurlopende afwaartse neiging in siviele skuld, wat die druk op howe en verbruikers effens verminder:
22 Jun 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Beskerm senior burgers beter teen kubermisdaad

Die Universiteit van die Wes-Kaap sê Suid-Afrika het beter bewustheid, duideliker leiding en sterker ondersteuningstelsels nodig om ouer mense aanlyn te beskerm. Dit is die bevindings van 'n navorsingstudie oor kubermisdaad teen senior burgers waarin daar gekyk is na ouderdomsdiskriminasie, ideale slagofferskap en die deurslaggewende rol van sosio-ekonomie. Die universiteit…
12 Jul 4AM 1 min

‘SA moet aanhou verlede konfronteer’

#NotInMyName International sê Suid-Afrika moet daartoe verbind bly om sy verlede te konfronteer en 'n regverdige en verenigde toekoms te bou. Die organisasie se president, Siyabulela Jentile, sê dit volg ná die Hooggeregshof in Pretoria 'n polisiebeampte uit die apartheidsera, Johan Marais, tot 15 jaar tronkstraf gevonnis het vir die…
12 Jul 3AM 1 min

Hoës sit koppe bymekaar oor groenwaterstof

'n Hoëvlak-groenbeleggingsdialoog, wat parlementslede en energieleiers van ses Afrikalande bymekaarbring, word tans in Walvisbaai gehou. Die dialoog wat môre eindig, ondersoek die rol van groenwaterstof in Afrika se toekomstige energie- en nywerheids-landskap. Jona Musheko van die Groenwaterstofprogram in Namibië sê die dialoog kyk na maniere om klimaatfinansiering vir groen energiesones…
12 Jul 2AM 1 min

Aantygings teen Namcor kom ‘n land pad, sê IPPR

Vier voormalige Namcor-werknemers en vyf private individue is vandeesweek in Windhoek in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie gekoppel aan vorige transakies met die nasionale oliekorporasie. Die Anti-Korrupsiekommissie sê al nege staan tereg op aanklagte onder die Teenkorrupsiewet. Die hoë-profiel name sluit die voormalige besturende direkteur van Namcor, Immanuel Mulunga,…
12 Jul 1AM 1 min

Nóg ‘n storm op pad na Texas

Inwoners in Texas staal hulself vir nóg ‘n storm ná kitsvloede verlede naweek die lewens van ministens 120 mense geëis het en 160 nog vermis word. President Donald Trump van Amerika het Vrydag rampgebiede in die staat besoek, waar vrae toenemend opduik oor onder meer die doeltreffendheid van die vroeë-waarskuwingstelsel…
12 Jul 12AM 1 min