Karlien van Jaarsveld kuier in die ateljee om oor haar boek Riviere in die wildernis te gesels. Retha Ingbleek vertel meer oor vanjaar se SPAR Women’s Challenge.
Skrywer en afgetrede emeritus-professor aan die Universiteit van Stellenbosch Linda van Heerden leer ons meer oor die Vrug van die Gees. Prof Wentzel Coetzer gesels oor die uitdagings rondom die grootmaak van dogters.
Fotograaf Hanneri de Wet kuier in die ateljee om te gesels oor ‘n uitstalling wat eersdaags plaasvind by Pierneef’s Kraal in Pretoria en deel wenke oor hoe om die meeste van jou kamera te maak. Sanet Deysel vertel meer oor Radio Hartklank en Radio Jikelele, Radiokansel se twee splinternuwe aanlynstasies…
Elizabeth Botha van Geopende Deure vertel meer oor VervolgingsSondag. Elize-Marié Müller kuier in die ateljee om onder meer te gesels oor die lewens- en geloofslesse wat ons by die Bybelkarakters soos Lasarus en Petrus en die Israeliete tydens die vlug uit Egipte kan leer tydens uitdagende omstandigehede en moeilike tye.
Anné Pretorius kuier in die ateljee om oor ‘n spesiale joernaal vir ma’s te gesels. Sielkundige Dr. Johan Ferreira vertel meer oor hoe om konflik in ‘n verhouding te hanteer en Apostel Jantjes gee terugvoer oor ‘n pas afgelope gebedsreis van Kaapstad tot Mussina wat onder sy leiding plaasgevind het.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.