Busamed en VR MED hou gholfdag om Bloem se eie wêreld assessor by die Wold Rescue Challenge te kry

Loading player...
Julius Fleischman is aangestel as 'n wêreld assessor vir die komende World Rescue Challenge (WRC), wat van 9 tot 14 September 2025 in Karlovac, Kroasië gehou sal word, wat SAMRO (South Africa Medical Rescue Organisation) verteenwoordig. Die kern van die World Rescue Organisation (WRO) se missie is die World Rescue Challenge - 'n jaarlikse gebeurtenis wat die wêreld se top reddings- en mediese spanne bymekaarbring om mee te ding, te leer en beste praktyke te deel. Om hom te help om sy kostes te dek, het Busamed Bram Fischer Privaat Hospitaal en VR MED hande gevat en hou hul ‘n gholfdag die 1ste Julie by Schoemanpark-gholfbaan om fondse in te samel vir die ongelooflike geleentheid. Om jou plek te verseker kontak 084 555 9632.
28 May 2025 8AM English South Africa Education · Leisure

Other recent episodes

Hierdie Kinderbeskermingsweek, kom ons doen dit vir die kinders en stap saam!

In Bloemfontein vind 'n Kinderbeskerming Stap plaas die 30ste Mei 2026 in samewerking met ENGO, Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) en Childline FS. Luchell Coetzee, maatskaplike werker by ENGO, Ashley Olivier, maatskaplike werker by VVA en Febe Groenewald, maatskaplike werker by ENGO sluit by Yolanda Maartens aan om die doel…
25 May 6AM 4 min

Lenmed Wilmed Park Hospitaal en Hartsentrum - Alex Daneel

Alex Daneel, algehele bestuurder, gesels met Yolanda Maartens oor die opgraderings en nuwe dienste se kapitaal wat Lenmed investeer het, hoekom dit belangrik is om die opgraderings en uitbreidings te doen en wat die publiek en pasiente kan verwag van die hospital.
22 May 5AM 5 min

Lenmed Wilmed Park Hospitaal en Hartsentrum - Dr. René Du Plessis

Dr. René Du Plessis gesels met Yolanda Maartens oor die hospitaal se Noodeenheid wat onlangs opgegradeer en uitgebrei is. Sy praat oor behandeling van werkverwante-beserings, soos WCA- en COID-gevalle. Gedurende die wintermaande sien mens dikwels meer siek persone en noodgevalle, sy verduidelik ook vir ons wanneer moet iemand mediese hulp…
22 May 3AM 8 min