SARB se laer rentekoers verwelkom

--:--
ʼn Ekonoom aan die Noordwes-universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee se besluit om sy rentekoersverlagingsiklus voort te sit, is die regte een. Die komitee het Donderdag die koers met 25 basispunte gesny. Dit bring die terugkoopkoers af tot 7,25 persent en die prima uitleenkoers tot 10,75 persent. Parsons sê op hierdie stadium sal selfs ʼn klein daling in rentekoerse ʼn positiewe uitwerking hê op die nasionale ekonomiese stemming en vertrouensvlakke:
30 May 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Repokoers in lyn met alle tendense, sê ontleder

Nog reaksie word ontvang op die repokoers wat Woensdag onveranderd op 6,75 persent gelaat is. Beleggingsontleder Arney Tjaronda sê die besluit is in lyn met al die huidige neigings en tendense wat tans plaaslik, in die streek en internasionaal voorkom. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
19 Jun 11AM 1 min

Kommer oor swart boere wat sukkel met toegang tot grond

Die African Farmers Association of South Africa in die Vrystaat is bekommerd oor swart boere se uitdagings om toegang tot grond te verkry. Die verklaring volg ná 'n grondgeskil in Hoopstad, waar 'n opkomende swart boer nie by staatsgrond wat deur die Departement van Water en Sanitasie bestuur word, ingesluit…
19 Jun 11AM 1 min

N/a'an ku sê loop breëbors oor Neuras se wyne

Die besturende direkteur van N/a'an ku sê, Rudie van Vuuren, sê hulle is uiters trots op die prestasie van hulle Neuras Wyn- en Wildlandgoed. In ‘n mylpaal vir Namibië het al die wyne wat ingeskryf was by die International Challenge Gilbert & Gaillard 2025, een van die wêreld se mees…
19 Jun 10AM 1 min

Toestemming nodig vir gronddamme, hoor NV

Die PDM-president McHenry Venaani het in die Nasionale Vergadering vrae aan eerste minister Elijah Ngurare gerig. Hy wou weet of daar 'n omgewingsimpak-studie gedoen is om te bepaal of gronddamme in die Cuvelai-gebiede wat vatbaar is vir vloede, gebou kan word. Landbouminister Inge Zaamwani het so geantwoord:
19 Jun 10AM 1 min