Kommer oor swart boere wat sukkel met toegang tot grond

Network error while loading playlist url
Die African Farmers Association of South Africa in die Vrystaat is bekommerd oor swart boere se uitdagings om toegang tot grond te verkry. Die verklaring volg ná 'n grondgeskil in Hoopstad, waar 'n opkomende swart boer nie by staatsgrond wat deur die Departement van Water en Sanitasie bestuur word, ingesluit is nie. Realeboha Mokhethi van die organisasie het in gesprek met SABC News gesê wit kommersiële boere het luidens berigte beheer oor die meeste van die grond:
19 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Finansiële waghond lê R120m se boetes op

Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor het onthul hy het in die afgelope boekjaar boetes van byna 120-miljoen Suid-Afrikaanse rand opgelê. Dit is 'n afname ná die vorige jaar en word toegeskryf aan die feit dat grootskaalse bedrogsake, soos dié van Steinhoff, afgehandel is. Die finansiële waghond het voortgesette pogings…
10 Jul 11PM 1 min

Duitsland sal missiele aan die Oekraïne verskaf

Duitsland se kanselier Friedrich Merz het by 'n konferensie in Rome oor ondersteuning aan Oekraïne gesê die land is bereid om Patriot-missiele van die VSA te koop en aan Kiëf te gee. Hy het lugverdediging met ander leiers en Oekraïnse president Volodymyr Zelensky bespreek, na nog 'n Russiese massa-lugaanval waarin…
10 Jul 11PM 1 min

SA hef verbod op Brasiliaanse hoender op

Die landboudepartement het ná agt weke amptelik die verbod op Brasiliaanse meganies-ontbeende vleis en hoender opgehef. Die verbod is ingestel nadat voëlgriep op 'n plaas in Rio Grande do Sul ontdek is, wat veroorsaak het dat 95-persent van Suid-Afrika se meganies-ontbeende vleisvoorraad afgesny is. Georg Southey van Merlog Foods verwelkom…
10 Jul 12PM 1 min

Kos moet dadelik in Gaza toegelaat word, sê Unicef

Die woordvoerder van Unicef, James Elder sê daar is genoeg kos op die grens van Israel om ‘n miljoen mense vir vier maande te voed maar, dit staan net daar. Hy sê dit kan nie genormaliseer word nie. Hulp moet onmiddellik toegelaat word in Gaza.
10 Jul 12PM 1 min