BIG maak groot verskil in Namibiërs se lewens, toon verslag

Loading player...
Die Nasionale Raad se staande komitee oor gesondheid, waatskaplike Welsyn en arbeidsake het 'n verslag vrygestel oor die basiese inkomstetoelaag-loodsprojek by Otjivero en Omitara van 5 Augustus 2024 tot 9 Mei vanjaar. Die verslag spoor die regering aan word om toelaes uit te brei na kwesbare, werklose Namibiërs tussen 19 en 59 jaar oud. Die maandelikse toelaag van 100 Namibiese dollar het voedselsekerheid en skoolbywoning verbeter. Begunstigdes het die geld gebruik vir noodsaaklikhede en inkomstegenererende aktiwiteite, wat gelei het tot verbeterde maatskaplike welstand. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tjipura Tjipura, die woordvoerder van die Basiese Inkomstetoelaagkoalisie van Namibië.
30 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Zinave in Mosambiek ontvang 10 swartrenosters

Tien ernstig bedreigde swartrenosters is vandeesweek suksesvol uit Suid-Afrika in Mosambiek se Zinave Nasionale Park hervestig. Die renosters, vyf bulle en vyf koeie, is geskenk deur Ezemvelo KZN Wildlife, in samewerking met Mosambiek se Nasionale Administrasie vir Bewaringsgebiede en die Peace Parks Foundation. Antony Alexander van die stigting sê die…
20 Jun 6AM 1 min

Besettingsyfers daal weer in Mei

Die nuutste besettingskoers statistieke vir Mei is bekend. ‘n Daling is aangemeld teenoor April maar is ook laer as die 2019, of voor-Covid-syfers. Baie faktore speel 'n rol in die statistieke, onder andere, ekonomiese druk op huishoudings in Europa. Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging, het met…
20 Jun 6AM 1 min

Koolstofkrediete kan 'n wen-wen vir boere wees

Nog reaksie word ontvang op Suid-Afrikaanse boere wat goeie geld verdien deur handel in koolstofkrediete en klimaatsvriendelike praktyke. AgriCarbon is 'n program wat volhoubare boerdery beloon en het reeds sowat 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan boere uitbetaal wat vrystellings verlaag deur metodes soos min- of deklaagbewerking. Die inisiatief sal mettertyd…
20 Jun 6AM 1 min

Handel met Statebondlede? Makliker gesê as gedaan...

Die Statebond Besigheidsforum het Woensda in die hoofstad afgeskop en duur tot vandag. Handelsminister Selma Ashipala-Musavyi het by die opening die hoop uitgespreek dat handel met die Statebond-lande sal lei tot ekonomiese groei, wat werkloosheid sal verminder. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SME Compete gepraat.
20 Jun 4AM 1 min

Cosatu vol lof vir Openbare Beleggingskorporasie

Cosatu het die Openbare Beleggingskorporasie geprys nadat hy 'n geskiedkundige 3 triljoen Suid-Afrikaanse rand in bates aangekondig het. Dit is teenoor 2,7 triljoen verlede jaar en 1,8 triljoen tydens Covid-19. Matthew Parks van Cosatu sê die korporasie moet voortgaan om werkers se fondse te beskerm en ekonomiese groei, werkskepping en…
20 Jun 4AM 1 min