Wees bedag op verbypad op B6

--:--
Die Padowerheid het aangekondig dat ‘n tydelike verbypad van môre af op die B6 op pad na die Hosea Kutako Internasionale Lughawe in werking sal wees. Dit is weens konstruksie op die pad, en padgebruikers word gemaan om versigtig te bestuur. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hileni Fillemon, die Padowerheid se woordvoerder, wat meer inligting gee.
30 May 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Tucker Carlson haal Ted Cruz uit oor Iran

Terwyl president Donald Trump die wêreld op sy tone hou en weier om te sê om hy Israel in sy oorlog en Iran sal bystaan, is die Republikeinse Party verdeeld oor of die VSA militêr betrokke moet raak. Oud-Fox aanbieder Tucker Carlson, een van Trump se grootste ondersteuners, het verras…
19 Jun 1AM 1 min

Oplossings vir lang rye met e-visums word gesoek - Daniel

Tydens 'n sitting van die Nasionale Vergadering het die IPC-LP Rodrick Likando die omgewingminister, Indileni Daniel, uitgevra oor die lang rye waarin toeriste by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe hulle bevind weens visumvertragings. Daniel gesê die kwessie is onder bespreking en dat die ministerie moontlike oplossings ondersoek om die wagtye…
19 Jun 1AM 1 min

LLPB sê oor Karan Beef, maan produsente om versigtig te wees

Reaksie word steeds ontvang oor die bek-en-klouseer by Karan Beef se Heidelberg-fasiliteit. Berigte dat die siekte ook by Karan se Nigel- en Albert Falls-voerkrale teenwoordig is, is nog nie bevestig nie. Karan Beef koop maandeliks duisende speenkalwers in Namibië, maar het vir eers die aankope gestaak. Kosmos 94.1 Nuus het…
19 Jun 1AM 1 min

Ons kan versigtig optimisties wees oor die rand-dollar wisselkoers

Die langtermynvooruitsigte vir die Suid-Afrikaanse rand, en dus die Namibiese dollar, teenoor die Amerikaanse dollar bly versigtig optimisties. Analiste verwag die moontlikheid van een laaste fase van swakheid voor 'n moontlike ommekeer. Ten spyte van huidige druk, is die oortuiging dat die rand 'n verrassende en positiewe prestasie oor die…
19 Jun 12AM 1 min

Zaamwani sê oor Meatco

Landbouminister Inge Zaamwani het in die Nasionale Vergadering gesê die ministerie bly daartoe verbind om die ommekeer en volhoubaarheid van Meatco te ondersteun. Dit kom na die skok-bedanking van Sakaria Nghikembua, die voorsitter van Meatco se direksie.,as gevolg van inmenging. Zaamwani sê haar ministerie het saam met die finansministerie en…
19 Jun 12AM 1 min