SA en VSA gesels weer later vandeesmaand, Cyril is optimisties

Network error while loading playlist url
Die Presidensie sê president Cyril Ramaphosa is optimisties oor die toekoms van Suid-Afrika se handelsbetrekkinge met die VSA. Suid-Afrika het 'n handelsvoorstel aan die Amerikaanse handelsverteenwoordiger gestuur, en verdere gesprekke word vir later hierdie maand beplan. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, het aan die media gesê die regering bly hoopvol om voort te gaan met handelsdeelname ingevolge die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede (Agoa), maar is ook bereid om 'n nuwe handelsraamwerk te bespreek indien nodig:
6 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maimane sê SA se moordsyfer vergelyk met oorlogsone

Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, het president Cyril Ramaphosa gekritiseer omdat hy nie die land se moordkrisis aanpak nie. Maimane het in die parlement die meer as 26 000 moorde verlede jaar vergelyk met 'n oorlogsone. Hy vra Ramaphosa om beslissende stappe te doen. Maimane beklemtoon…
17 Jul 11PM 1 min

Brand in Irak-hiperwinkelsentrum dood 67

'n Brand het 'n nuut-geopende winkelsentrum in die oostelike Irakse stad Kut in puin gelê en minstens 67 mense is dood. Amptenare sê baie mense het in badkamers versmoor, terwyl 'n man gesê het dat sy vyf familielede in 'n hysbak dood is. Die vlamme het volgens berigte op die…
17 Jul 11PM 1 min

Oshakati watersuiweringsaanleg-projek skop af

Die sooispit seremonie vir die Oshakati watersuiweringsaanleg verlengingsprojek het vandag plaasgevind. Die belangrike waterinfrastruktuur-inisiatief sal die voorsiening van skoon water in die Oshana-, Ohangwena- en Oshikoto-streke aansienlik verhoog. Die nuwe aanleg sal 50 000 kubieke meter per dag byvoeg tot die huidige behandelingskapasiteit van 40 000 kubieke meter per dag…
17 Jul 11AM 1 min

EU probeer handelsoorlog met VSA voorkom

Die Europese Unie berei 'n pakket tariewe voor wat op goedere ter waarde van 84 miljard Amerikaanse dollar teen die VSA gehef sal word, terwyl hy pogings verskerp om 'n handelsooreenkoms te bereik en 'n trans-Atlantiese handelsoorlog met president Donald Trump te voorkom. Dit kom na president Donald Trump 30…
17 Jul 11AM 1 min