Alcaraz vat Franse Ope in epiese eindstryd

--:--
Die verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, het ná twee stelle agter herstel en drie kampioenskapspunte afgeweer om die Italianer Jannik Sinner in ʼn epiese Franse Ope-eindstryd te verslaan. Die 22-jarige Spanjaard het die wêreld se nommer een in vyf ure en 29 minute met 4-6, 6-7, 6-4, 7-6, 7-6 verslaan in die langste Franse Ope-eindstryd in die geskiedenis. Alcaraz, wat die vyfde jongste speler is om vyf Grand Slam-titels te wen, sê hy het deur die hele wedstryd in homself geglo:
8 Jun 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Toegang tot elektrisiteit is nie 'n luuksheid nie

Die adjunk-eerste minister en energie-minister, Natangwe Ithete, het amptelik die Stad Windhoek se elektrifiseringsprojek in werking gestel. Hy het 'n elektrisiteitsmeter by 'n nuut gekoppelde huishouding in Okatunda in die Tobias Hainyeko-kiesafdeling aangeskakel. Hy het ook by die geleentheid gepraat oor die krag-uitdagings.
20 Jul 11PM 1 min

SAPD moet spesiale operasies loods teen massamoord

The Soil of Africa burgerlike beweging doen 'n beroep op regering en die ministerie van Polisie om die ontplooiing van taktiese en intelligensie-gedrewe operasies in gebiede wat as massamoord-brandpunte in die land geïdentifiseer is. Vyf mense is die naweek dood en drie gewond, in 'n aanval op 'n shebeen, Vrydag…
20 Jul 11PM 1 min

Windhoek kry kragprojek

Die adjunk-eerste minister en energie-minister, Natangwe Ithete, het amptelik die Stad Windhoek se elektrifiseringsprojek in werking gestel. Hy het 'n elektrisiteitsmeter by 'n nuut gekoppelde huishouding in Okatunda in die Tobias Hainyeko-kiesafdeling aangeskakel. Hy het ook by die geleentheid gepraat oor die krag-uitdagings.
20 Jul 6AM 1 min

SA stel ietermago-ooreenkoms bekend

Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, het die Ietermago-ooreenkoms Wildsmisdaad-bewustheidsveldtog as 'n G20-erfenisprojek van stapel gestuur. Hy sê die projek is daarop gemik om bewustheid te skep oor wildsmisdade en hoe Suid-Afrika en ander G20-lande die onwettige handel in wild, insluitend perlemoen, ietermagogs, renosters en leeus,…
20 Jul 4AM 1 min

ANC skerm vir polisieminister

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die minister van Polisie, Senzo Mchunu, is nie deur enige hof in die land skuldig bevind of aangekla nie. Mchunu is op verpligte verlof geplaas na verdoemende korrupsie-aansprake oor kriminele aktiwiteite binne die polisie deur die KwaZulu-Natalse provinsiale polisiekommissaris, Nhlahla Mkhwanazi. Mabulula…
20 Jul 3AM 1 min