PEL 83 se eksplorasie vorder, TotalEnergies betree blok

--:--
Dit blyk dat TotalEnergies teenstanders uitgestof het om 'n 50 persent bedryfsbelang in Galp Energia se enorme Mopane-ontdekking in PEL 83 aflandig die Namibiese suidkus te verseker. Volgens Reuters het Magda Chambriard, uitvoerende hoof van Petrobras, gesê dat hulle bod deur TotalEnergies oortref is. Galp bedryf PEL 83 met 'n 80 persent belang, terwyl Namcor 10 persent besit, en Custos Energy ook ‘n 10 persent belang het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Paulo Coelho, Namcor se segsman, wat meer het oor die eksplorasie-aktiwiteite in PEL 83.
10 Jun 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Venaani kritiseer regering vir 'voorkoms bo inhoud'

Die leier van die PDM, McHenry Venaani, het president Nandi Netumbo-Ndaitwah se eerste 100 dae in die amp as 'n "handboekgeval van politieke traagheid" bestempel. Venaani het tydens 'n perskonferensie in Windhoek die administrasie gekritiseer omdat hulle 'n goeie voorkoms bo inhoud prioritiseer.
14 Jul 11AM 1 min

TLU-SA bekommerd oor Brasiliaanse hoenderinvoere

Die landbou-organisasie TLU SA sê hy is bekommerd oor die invoer van enige hoenderprodukte uit Brasilië na Suid-Afrika. Dit volg nadat die regering die verbod op invoer van pluimveeprodukte uit Brasilië gedeeltelik opgehef het. Die Departement van Landbou laat nou invoere toe uit alle Brasiliaanse provinsies, behalwe Rio Grande do…
14 Jul 11AM 1 min

Land het uitdagings met rook, drank en dwelms

Die gesondheidsminister dr. Esperance Luvindao het by die opening van die werkswinkel oor tabak- en alkoholbeheer in Windhoek gesê dat voorkoming beter is as behandeling, maar daar is nog baie om te doen. Die land het geen wetgewing rakende damprook nie en drank en dwelms bly ‘n reuse-uitdaging.
14 Jul 10AM 1 min

Regering fouteer deur amptelike opposisie uit te sluit

Die IPC het die regering gekritiseer omdat hulle die amptelike opposisie van nasionale gebeure uitgesluit het en dit ondemokraties en doelbewus genoem. Die party het die ironie hiervan tydens die besoek van die Indiese premier Modi beklemtoon en gesê dat dit demokrasie ondermyn. Dit het ook die Kantoor van die…
14 Jul 10AM 1 min