DA eis verduideliking van nuwe loterylisensie

--:--
Die DA sê die handelminister, Parks Tau, en die voorsitter van die Nasionale Loterykommissie, Barney Pityana, moet die hantering van die nuwe loterylisensie aan die parlement verduidelik. Dit volg op kommer oor die aanstelling van Sizekhaya Holdings as die nuwe lisensiehouer en Ithuba Holdings as 'n tydelike operateur. Toby Chance van die DA sê inligting dui ook daarop dat duisende loterymasjiene weens tegniese probleme buite werking is:
11 Jun 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Huurpryse bly doring in Windhoekers se vlees

PDM-parlementslid Inna Hengari sê die gebrek aan huurbeheer vererger Windhoek se behuisingstekort en dryf huurpryse op. Die gemiddelde huur vir ’n tweeslaapkamer-eenheid het in 2024 tot 7 348 Namibiese dollar gestyg – ’n 14,7 persent toename, teenoor 5,1 persent inflasie. Sy het die dormant Huurordonnansie van 1977 uitgelig en beklemtoon…
13 Jul 6AM 1 min

Okahandja trek nie sakelui voor, sê munisipaliteit

Die Okahandja-munisipaliteit het reageer op bewerings dat dit polities-verbinde sakemense bevoordeel het in die onlangse grondtoekenningsproses. Woordvoerder Penna Master sê dat alle wetlike prosedures en raadsprotokolle gevolg is. Hy sê bewerings van vooroordeel is vaag en ongegrond, en kritici moet bewyse daarvan deur die korrekte kanale indien.
13 Jul 5AM 1 min

Malema se polisieminister se kop

Die EFF-leier Julius Malema voer aan die polisieminister Senzo Mchunu en lede van die polisiebestuur moet ontslaan word in die lig van bewerings van politieke inmenging in die uitvoerende gesag. Malema het tydens die begrafnis van oud-adjunkpresident David Mabuza in Mbombela gesê die publiek het vertroue in wetstoepassing verloor en…
13 Jul 4AM 1 min

Hier’s die wenners van Tsumeb se supertydren

In motornuus het die derde been van die Shell V Power-supertydren Saterdag op Tsumeb plaasgevind en vir harde wedren-aksie gesorg. Francois Lottering van Motor Media Namibia het die uitslae:
13 Jul 3AM 1 min

Veediewe teister boere in Hardap

Reaksie word ontvang op die nuus dat daar tussen Januarie en Junie vanjaar 1 894 stuks vee in die Hardapstreek gesteel is . Slegs 8 persent is teruggevind. Streeksgoewerneur Riaan McNab sê 285 gevalle van veediefstal is in die 180 dae gerapporteer en 222 verdagtes is gearresteer, almal mans. Die…
13 Jul 2AM 1 min